Het jy vanjaar Taxi Teater misgeloop? Kyk hier ...

09 Oktober 2017

’n Taxi-trippie na twee kief uithangplekke in Promosa en Ikageng waar daar altesaam meer as 400 000 mense woon (vier keer soveel as in die kern van Potchefstroom)!
Taxi Teater is vanjaar vir die tweede keer aangebied en kaartjies het behoorlik gevlieg.

Taxi Teater-feesgangers

Dis glad nie vreemd nie ... waar kry mens nou die geleentheid om saam met locals te kuier op ’n regte townshiptoer!

’n Lucky packet van kuns, musiek, sang en dans is opgedis deur plaaslike talent uit die Aardklop Ontwikkelingsprogram. Feesgangers kon weglê aan tradisionele lekkernye (suurpap, afval, varkpote en hoenderpote, oftewel ‘runaways’ en drinkgoed by Tse’s Lifestyle Lounge, ʼn bekende kuierplek in Ikageng.

Su-an Müller-Marais is ‘n Ambassadeur vir Afrikaans en het die toer meegemaak en vertel jou meer oor haar en van die feesgangers se ervaring van hierdie unieke kultuurproduksie.

””
””
””
””

Alexa Strachan, Aardklop se feesbestuurder sê vir haar is die Taxi Teater baie opwindend, want mense van buite Potch besef nie noodwendig hoe divers en talentvol Potch se gemeenskap is nie. Taxi Teater was nou vir die tweede keer een van die feeshoogtepunte en skep ‘n verhoog vir plaaslike talent as deel van die amptelike feesprogram. Dit stel feesgangers bekend aan die groter Potchefstroom-area en bied plaaslike taxi-operateurs, besighede en informele handelaars die geleentheid om aan feesaktiwiteite deel te neem en geld te verdien.

Vanjaar het die plaaslike talent ook die geleentheid gekry om hul talente ten toon te stel op een van die verhoë op die amptelike feesterein.

Raikaga dansgroep van Ikageng

Lees ook ...