Fiëstas 2018: Wenners bekend!

08 Februarie 2018

Die kykNET Fiëstas het op 8 Februarie in die Montecasino Teatro in Johannesburg plaasgevind. Die Fiëstas-toekennings vereer jaarliks die werk van die vorige feesjaar en die 2018-benoemings het nie teleurgestel nie. Die toekennings is regstreeks op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en kykers het 'n aand vol vermaak, verrassings en talle hoogtepunte beleef. Die komediant en ambassadeur vir Afrikaans, Schalk Bezuidenhout het as seremoniemeester opgetree.

Hier is die wenners

Kry die volledige lys met wenners van vanjaar se kykNET Fiëstas-toekennings hier en kyk uit vir die stories agter die stories op Afrikaans.com vanaf Maandag, 12 Februarie.

Hoe werk dit?

'n Onafhanklike paneel besoek elke jaar die feeste waar nuwe Afrikaanse werk te sien is en beoordeel die teater-, kuns- en musiek-aanbod. Gedurende 2017 het Aardklop Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees gesamentlik gesorg vir 197 nuutgeskepte produksies. NATi (die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) het die afgelope jaar vier vlagskip-produksies vervaardig asook veertien produksies finansieel ondersteun wat by die onderskeie feeste te sien was.
 

Hiermee die volledige lys van benoemings:

Beste akteur
Albert Pretorius - Wild
De Klerk Oelofse - Nêrens, Noord-Kaap
Paul du Toit - Melk & Vleis
Wessel Pretorius - Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie

Beste aktrise
Anna-Mart van der Merwe - Liewer
Antoinette Kellermann - Asem
Illse Roos - Melk & Vleis
Tinarie van Wyk Loots - Wild

Beste manlike byspeler
David Viviers - Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Edwin van der Walt - Asem
Kopano Maroga - BuiteLand
Wilhelm van der Walt - Liewer

Beste vroulike byspeler
Crystal-Donna Roberts - Altaar
Elize Cawood - BuiteLand
Nicole Holm - Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Tarryn Wyngaard - Liewer

Beste regie
Jaco Bouwer - Liewer
Lara Bye - Die reuk van appels
Marthinus Basson - Melk & Vleis
Neil Coppen - BuiteLand

Beste teaterontwerp
Jaco Bouwer - Liewer: Stel
Marthinus Basson - Die koninkryk van die diere: Stel en kostuums
Neil Coppen en Vaughn Sadie - BuiteLand: Stel
Philip Rademeyer - Weerkaats: Stel en beligting

Beste spel in 'n solo-vertoning
Dawid Minnaar - Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
De Klerk Oelofse - Strooijonker
Gideon Lombard - Die reuk van appels
Milan Murray - Weerkaats

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks
Marina Albertyn - Melk & Vleis
Tertius Kapp - Liewer
Wessel Pretorius - Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Nico Scheepers - Nêrens, Noord-Kaap

Beste opkomende kunstenaar
Des-Lee McKenzie - Ir(ras)sioneel
Dewald van der Merwe - Rou (in DEURnis)
Marina Albertyn - Teks vir Melk & Vleis
Retief Scholtz - Teks vir Dop en Weerkaats

Beste prestasie in klassieke musiek
Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen - RSG Dis Opera: Gunsteling musiek uit die Opera
Bongani Khubeka (bas-bariton) - Stemme vir Môre
Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) - Pioniers
US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) - Moments in a life

Beste prestasie in visuele kuns
Athi-Patra Ruga (kunstenaar) - A young retrospective
Henk Serfontein (kunstenaar) - Winterslaap
Marieke Kruger (kunstenaar) - Carceral Spaces: Anticpating the sublime
Sandra Hanekom (kurator) - Bosch in Afrika

Beste musiekgedrewe produksie - buitelug
Innibos Jacaranda FM Konsert
Rymklets van Oos tot Wes
Ballades
Judith Sephuma

Beste musiekgedrewe produksie - podium
Stef Bos - Bos Innibos
Amanda Strydom - So onner deur die maan
Loki Rothman en Albert Frost - Die akoestiese kitaar
Hilandi du Toit en June van Merch - Gedig, my snaar

Beste musiekgedrewe produksie - teater
Zolani Mahola - Rok en Rol
Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Die Riel van Hip-hop
Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman

Beste aanbieding
Melk & Vleis
BuiteLand
Die reuk van appels
Liewer

Beste duo of ensemble
Mike & Mavis
Liewer
Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie
Nêrens, Noord-Kaap

Beste vertaling of verwerking van 'n bestaande werk
Die reuk van appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Die koninkryk van die diere, vertaling deur Marthinus Basson
Die fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers
BuiteLand, oorspronklike teks deur Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta