Nuut op die rak

29 Maart 2017

Heerlike kos + slim storie = Rooi Haring 

 

Ontmoet vir Schalk Schoombie, bekroonde joernalis en dramaturg. Sy tweede roman, Rooi Haring, het onlangs verskyn. Soos die titel aandui, is dit ʼn boek oor dwaalspore, maar ook een waarin kos ʼn groot rol speel.

Rooi Haring is ‘n aweregse speurverhaal om meer as een rede. Die belangrikste rede is waarskynlik die kostema, iets wat feitlik ongekarteerde gebied is in gewilde Afrikaanse fiksie.  

Lees meer ...

Erns Grundling – 1025 km te voet

“Jy kan ‘n seer knie weg stap … jy kan ‘n seer hart reg stap …” So gesels Erns Grundling oor sy boek Elders, die Camino (NB Uitgewers). Dit is aangewys as die gewildste onder boekwurms in die leefstyl-afdeling by vanjaar se WoordTROFees. Pryse is toegeken vir die topverkopers in die afdelings vir fiksie, poësie en leefstyl, en ʼn spesiale nuwe toekenning is ook vanjaar ingestel. Kyk hier hoe gesels Erns oor sy boek en lees meer oor vanjaar se trofees.

Lees meer ...

Wie is Bibi Slippers? 

Bibi Slippers (32) het vanjaar die literêre wêreld behoorlik laat regopsit met haar digbundel fotostaatmasjien, wat bekroon is met die Eugene Marais-prys, die UJ-debuutprys en die Elisabeth Eybers-prys. Maar wie is Bibi Slippers?

Deur Ilse Salzwedel. 

Lees meer ...

'n Wolf in Skaapsklere en ander idiome – Kobus Galloway. 

Hy was maar ses jaar oud toe hy sy eerste spotprente geteken het, en vandag is Kobus Galloway, ʼn opgeleide grafiese kunstenaar van Kaapstad, ʼn huishoudelike naam. Sy eerste dubbelsinnige Afrikaanse strokiesprente het in 1999 die lig gesien. 

Lees meer ...

Die nuwe AWS - die lig in jou taaltonnel. 

Na ure se bloedsweet, die “kers aan drie kante brand”, baie praat en ’n paar driftige debatte oor of dit nou Afrikaans-Engels/Engels-Afrikaanse woordeboek (teenoor *Afrikaans-Engelse/Engels-Afrikaanse woordeboek); iemand is ‘n handvol (teenoor *hand vol); skimmelperd (teenoor *skimmel perd) is, is die nuwe AWS - daardie onmisbare boek wat die kopseer uit spelling haal – nou kant en klaar en reg om sy ereplek op jou lessenaar in te neem.

Lees meer ...

Asterix en Obelix praat Afrikaans. 

Die legendariese Asterix en Obelix-strokiesboeke, wat reeds in meer as 100 tale vertaal is, is ook in Afrikaans vertaal. En hulle sprankel behoorlik in ons taal!

Lees meer ...

Vat jou hele hart' ... Nege jaar in China word 'n reis na binne. 

Elkarien Fourie en haar man Tienie is albei gewese joernaliste wat al in verskeie lande gewoon het. Haar onlangse boek, Vat jou hele hart, vertel die verhaal van hul nege jaar in China. Sy het met Ilse Salzwedel gesels.

Lees meer ...

Boek Kalender

Van filmdraaiboeke tot digitale kinderverhaalreise en sprokiesavonture … in Afrikaans is daar 'n skatkis vol ontspanning vir elke sintuig, smaak en belangstelling. Statistiek sê Suid-Afrikaners spandeer meer geld aan sjokolade as boeke, maar as 'n mens die lys sien van nuwe boeke wat vanjaar die lig sien, is dit haas onmoontlik om te glo.

'n Blad oor gedigte en hierdie woordwoekeraars is oppad. Gaan kyk gerus intussen by LitNet wat 'n wonderlike lys van 100 gewildste Afrikaanse gedigte saamgestel het. Lees meer ...

Boeke-kalender

Hier vind jy ‘n nuttige boekekalender sodat jy weet waarna jy kan uitsien. 
 

 

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2017. 

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Klik hier.

 

 

Wat's nuus 

ʼn Kykie na boeke en skrywers wat hoofopskrifte haal.
Klik hier ...  

Aan die woord 

Ons gesels met Afrikaanse skrywers.
Klik hier ... 

Wat lees jy?

Wat lees skrywers, boekklubs, leeskringe, en – natuurlik – wat lees jý?
Klik hier ... 

Wetens-
waardighede

Interessanthede oor skrywers en die Afrikaanse letterkunde deur die jare.
Klik hier ...

Ek wil skryf

Uitgewers, skryfkompetisies en -werkswinkels – hier kry jy inspirasie en hulp!
Klik hier ...