OnseTV … op kanaal 462 vanaf 29 September

28 September 2017

OnseTV … vir onse mense

Vanaf 29 September kan kykers uitsien na ‘n splinternuwe, Afrikaanse televisiekanaal op StarSat – ‘n toonaangewende satellietdiensverskaffer. Hierdie TV-kanaal is gerig op die bruin gemeenskap en beeld die belange en kulturele aspekte van hierdie gemeenskap uit, alhoewel die kanaal nie eksklusief in Afrikaans aangebied sal word nie. Die kanaal gaan hom daarop toespits om die diversiteit wat binne hierdie gemeenskap heers tot sy volle reg te laat kom. 

””

Mark Denver Matroos - ‘n Sanger van die groep “Afrikaans Ruk”

””

Een van die programme om na uit te sien: “Kom roer met Tannie”.

Vanaf 29 September kan kykers uitsien na ‘n splinternuwe, Afrikaanse televisiekanaal op StarSat – ‘n toonaangewende satellietdiensverskaffer. Hierdie TV-kanaal is gerig op die bruin gemeenskap en beeld die belange en kulturele aspekte van hierdie gemeenskap uit, alhoewel die kanaal nie eksklusief in Afrikaans aangebied sal word nie. Die kanaal gaan hom daarop toespits om die diversiteit wat binne hierdie gemeenskap heers tot sy volle reg te laat kom.
Kykers sal ook kan uitsien na afrikaans.com-materiaal wat gebeeldsend sal word, onder meer Op pad met Afrikaans, ’n fokus op Adam Small en sy werk, interessante insetsels en nuttige inligting oor moedertaalonderrig en so meer.

By OnseTV, kanaal 462 op StarSat het alle groepe binne die bruin gemeenskap nou ‘n stem. Die kanaal deur die mense, vir die mense skep geleenthede en werk en maak nuwe deure oop.

Debbie Wu, die waarnemende hoof uitvoerende beampte van On Digital Media sê die volgende:
“Hierdie opwindende kanaal gaan vêr gaan om die ryk erfenis van Suid-Afrikaanse 'bruin mense' te vier deur die lewendige medium van die Afrikaanse taal. Ons is trots om met OnseTV geassosieer te word, aangesien dit baie waarde gaan toevoeg aan ‘n reeds wonderlike verskeidenheid kanale op die StarSat-platform.”

SKAKELS:
Webwerf: www.onsetv.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/onsetv/
Twitter: @Onse_Televisie