Afrikaanse SkryfGoed 5 - ’n onmisbare skryfhulpmiddel

11 Oktober 2017

“Ek wil regtig nie meer aan ’n Afrikaanse teks werk sonder my SkryfGoed nie.” – Tom McLachlan, voorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie

Die jongste en vyfde weergawe van Afrikaanse SkryfGoed* is nou beskikbaar en is volledig met Microsoft® Office 2016 en Windows 10 versoenbaar.

Afrikaanse SkryfGoed 5 bied vier skryfhulpmiddels:

  • Afrikaanse Speltoetser
  • Afrikaanse Grammatikatoetser
  • Afrikaanse Tesourus
  • Afrikaanse Woordafbreker

Afrikaanse SkryfGoed is goud werd om tikfoute, spelfoute en grammatikafoute uit te wys en die Woordafbreker is ook nuttig omdat dit woorde op die regte plekke afbreek na ’n volgende reël. Prof. Franci Greyling, skrywer en dosent in Skryfkuns sê sy gebruik die Afrikaanse Tesourus graag om alternatiewe vir geykte woorde in haar skryfwerk te soek.

Die Grammatikatoetser en Tesourus is enig in hul soort in Afrikaans vir Microsoft® Office, en die Speltoetser is die enigste sogenaamde tweedegenerasiespeltoetser wat tans vir Afrikaans bestaan. Dit beteken dat die nuutste tegnologie en gevorderde prosessering gebruik word om beter resultate te lewer. Dit word gereeld bygewerk om by die nuutste spelreëls en ontwikkelinge in Afrikaans aan te pas.

“Ek is een van die getroue volgelinge en ondersteuners van Afrikaanse SkryfGoed. Ek kan my amper nie ʼn tyd indink dat ek daarsonder moes klaarkom nie! Ek gebruik alle funksies,” skryf prof Wannie Carstens, voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Afrikaanse SkryfGoed 5 is beskikbaar by www.spel.co.za, of kontak verkope@spel.co.za. BlueTek (018 297 0164) kan met enige navrae, bestellings of tegniese ondersteuning help.

*Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®), Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) is ’n navorsing- en ontwikkelingsentrum.