Afrikaans.com Blogs
Vlog - Familie wegBREEK

Afrikaans.com-blog: Weer tyd vir jou familie-wegBREEK?

Dis nou daardie tyd van die jaar. Jou brein het gekrimp tot die grootte van ’n babarosyntjie en die laaste goeie voorstel wat jy gehad het hierdie jaar is dat jou werksplek ’n hond moet kry sodat jy hom tydens lunch kan vryf. Jy is op hierdie stadium net seker oor een…

Lees meer
Wie is jy op sosiale media?

Wie is jy op sosiale media?

Jou duimvinger is al rou van al die scroll. Jy wou net vinnig kyk waarmee jou eks hom deesdae op Facebook besig hou. Nou is dit al tweeuur die oggend en jy het sy tannie se aangetroude nefie se verlore Jack Russel opgespoor. Hy is iewers in die Oos-Rand. “Ek hou…

Lees meer
Nicolette blog-studeer

Wie was jy op universiteit?

Uiteindelik is dit sulke tyd: Jou ma haal nie meer so hard asem in jou nek nie. Jy kan uiteindelik hemde dra wat daai onwettige naeltjiering (wat jy skelm in graad 9 gekry het) ten toon stel en niemand weet as jy jou boekegeld vir iets ’n bietjie meer alkoholies…

Lees meer
Wie is jy agter die stuurwiel?

Wie is jy agter die stuurwiel?

Jou motor is jou veilige plek. Dis waar jy kan smul aan daai roomdoughnut wat jou vrou en Tim Noakes jou verbied het om te eet. Waar jy jou kommin Afrikaanse sokkietreffers op 5 000 desibels kan pomp sonder enige oordeel. Maar jy is verkeerd. Die verkeer sien ALLES. Watter een…

Lees meer
Is jy een van hierdie mense, Prinses?

Is jy een van hierdie mense, Prinses?

Dit is nou daardie tyd van die jaar. Elke dogtertjie (se ma) droom al van kleintyd af oor een van die grootste aande van haar lewe: matriekafskeid. Kom ons wees nou eerlik. Dis eintlik net ’n skuurskoffel in Brakpan se skoolsaal. Die LO-juffrou het haar sitkamergordyne geskenk vir die tafeldoeke…

Lees meer
Ma, Pa … hou op!

Ma, Pa … hou op!

Ek dink soms aan hierdie tipe mense in die nagte as ek alleen in my bed lê. Maar nie vir te lank nie. Dan sit ek die liggie aan, want hierdie is die tipe goed waarvan nagmerries gemaak word. Ek praat van sportouers. Dalk dink jy nou, nee, nie ek…

Lees meer
“Ons almal was al hoog”

“Ons almal was al hoog”

So bevind ek my onlangs op ’n vliegtuig Johannesburg toe. Ek moes ’n ekstra verband uitneem op ’n huis wat ek nie het nie, ’n deel van my siel verkoop en die Minister van Vervoer se onderbroek was om ’n bekostigbare kaartjie in die hande te kry. Maar hier is…

Lees meer
Almal doen dit

Almal doen dit

Ek het jou verlede maand belowe ons gaan troue hou en hier is dit nou. Ek gaan definitief bles wees op 25. My hare val al in klossies uit van die onaanvaarbare hoeveelheid troues wat om my plaasvind. Dit gebeur deesdae met almal in hul 20’s. Hulle raak opgewonde oor…

Lees meer
Die Afrikaans.com-blog: Toe vra hy of ek al gedek is …

Die Afrikaans.com-blog: Toe vra hy of ek al gedek is …

Nuwejaarsvoorneme is soos puisies in jou jeug. Almal het dit. So val ek toe maar in by die skaapkultuur en dink hard aan ’n leë belofte vir 2019. Niks klink volhoubaar nie. Oefening gaan teen my geloof (mens hyg nie in die publiek nie) en ek gaan beslis nie my…

Lees meer
Die ander kant van Kersfees

Die ander kant van Kersfees

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Vir die afgelope vyf maande kry jy al ligte hartkloppings hieroor. Die nuus het reeds in Mei gekom: Kersfees word vanjaar wéér by jou huis gevier. Jy is vyf gryshare en drie spatare ryker na die aankondiging. Daar gaan jou huisie by…

Lees meer