Taalhulp

Hier vind jy vraestelle, studiehulp, woordeboeke, taaltoeps en -kursusse.

Laerskool en Hoërskool (Taalhulp)

Naam Skakel Wie en wat

Virtuele instituut vir Afrikaans

http://afrikaans.com/leerhulp/vertaal-in-afrikaans-taalhulp/ Wil jy iemand beïndruk met foutlose spelling en keurige Afrikaans of wil jy net uitvind of jy ’n woord reg gebruik of wat daardie interessante uitdrukking beteken? Het jy ’n dokument wat jy wil vertaal of selfs ’n CV wat jy in meer as een taal beskikbaar wil maak? Hier is kundige hulp.

Huisgenoot in die Klaskamer

http://klaskamer.huisgenoot.com/ Skooltake. Gr 1-12. Alle vakke.
Die oudste tydskrif in die land is bekend vir die uitstekende opvoedkundige materiaal wat in die tydskrif verskyn. Alles is een-een in die aanlynwinkel op die webtuiste te koop.

KlasKamer (Litnet)

LitNET: Akademies:Notas, toetse en vraestelle

http://www.litnet.co.za/

http://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/notas-toetse-en-vraestelle/

Onderwyshulp. Leerderhulp. Taal. Ander vakke.
Skakels vir almal wat betrokke is of belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. Skakels na notas, vraestelle, leerhulp en toetse dek ook ander vakke; ook vir laerskool.

Lapa Uitgewers

https://www.lapa.co.za/ Onderwyshulp. Leerderhulp. Taal. Alle grade.
Omvattende gidse vir onderwysers en leerders, sommige daarvan gratis beskikbaar. Jy kan ook inteken vir nuus oor slypskole, werksessies, resensies en besprekings.

WorksheetCloud

http://www.worksheetcloud.com/ Leerhulp. Alle grade. Taal. Ander vakke.
‘n Groot versameling tweetalige werkkaarte en toetse in Wiskunde, Natuurwetenskappe, Afrikaans en Engels haal die kopseer uit hersiening. Alles is op die KABV-kurrikulum gebaseer met materiaal vir laer- en hoërskoolleerders. Ook handig vir tuisonderrig.

Transparent Language se Byki for Mobile

Vir Android-fone en -tablette:
https://play.google.com/

Vir iPhone of iPad:
https://itunes.apple.com/

Taalkursus. Addisionele taal.
Gerig op mense wat Afrikaans as vreemde taal aanleer. Met taallyste, woordeskat, uitsprake deur ‘n moedertaalspreker en ‘n vasvra vir elke afdeling,

Hoërskool (Taalhulp)

Naam Skakel Wie en wat

Afrikaans-Afrikaans

http://afrikaans-afrikaans.weebly.com/ Vraestelle. Eksamenhulp. Afrikaans. Gr 10 -12
Vraestelle, lesplanne, assesseringsrubrieke en -riglyne vir Afrikaans vir graad 10 – 12. Ook raad en wenke oor eksamens.

Allegaartjie

http://allegaartjie.weebly.com/ Studiehulp. Afr Letterkunde.
Letterkunde vir hoërskoolleerders in privaatskole wat die kurrikulum van die Onafhanklike Onderwysraad (IEB) volg. Besprekings, vraestelle en memorandums.

Fanie Viljoen

http://www.fanieviljoen.co.za/ Onderwyshulp. Leerderhulp. Letterkunde. Gr 12
Die webtuiste van die skrywer Fanie Viljoen, wie se boek, Onderwêreld, vanaf 2017 die voorgeskrewe werk vir matriek is, het agtergrondinligting, besprekings, resensies en video’s. Ook met skakels na slypskole en werksessies.

Taalsentrum van die Universiteit Stellenbosch

http://www.sun.ac.za/ Woordeboeke. Taalhulp. Gevorderd.
Eintlik gerig op taalpraktisyns, maar die magdom hulpbronne en skakels is handig vir onderwysers en leerders.