Skitter op skool!

Hier kry jy inligting oor interessante selfhelpkursusse, kompetisies en slypskole, skakels na vraestelle en notas wat jou kan help skitter op skool. Vind eksterne skakels na hulpmiddels en toeps. Die inligting is in vyf afdelings verdeel vir laerskool en hoërskool – met handige slagwoorde sodat jy vinnig kan vind wat jy nodig het. Klik hier … en kom gesels saam oor wat maak leer lekker en vertel ons as jy iets nuttig vind wat ons kan byvoeg!

Kies en klik enige van die onderstaande blokkies …

Vyf handige toeps vir graad 1-3

Is jy bekommerd oor jou graad 1-3-leerder se vaardighede en vordering? Oorvol klaskamers, min tyd en ander veeleisende leerders in jou kind se klas kan dalk veroorsaak dat hy/sy nie sekere belangrike vaardighede wat nodig is vir akademiese sukses behoorlik onder die knie het nie. Gelukkig kan jy iets hieraan doen! Afrikaans.com het ’n paar toeps gaan uitsnuffel wat jou kind kan help om hierdie vaardighede aan te leer en in te oefen. Die lekker van elektroniese leer is immers dat jou kind dit enige tyd, op enige plek, kan doen!

Varsgebek

Die Sêgoed-kategorie is oop vir almal wat ’n ou of nuwe taalskat het wat nog nie opgeteken is nie. Daar is maandeliks ’n tablet te wen.

Vir meer inligting en die inskrywingsvorm, gaan na varsgebek.org of skakel Marlie Coetzee by 018 299 1020 of e-pos: navraag@viva-afrikaans.org.

Vir meer inligting oor VivA:

Die VivA-app
VivA se Woordeboekportaal-app is spesifiek gerig op skoolkinders en bied aan jou vanlyn toegang tot die volgende Afrikaanse woordeboeke:
• Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS; Pharos) (slegs die woordelys, afkortingslys en lys buitelandse geografiese name en afleidings).
Laai die VivA-app hier af. 

Jou kind en skool

Die Kuier-tydskrif het die afgelope jare spesiale uithaalblaaie rondom Jou Kind en Skool beskikbaar gestel wat leer lekker maak. Indien jy dit misgeloop het, kan jy hierdie kleurvolle materiaal nou hier aflaai en druk. Hierdie hulpmiddels help jou om moeilike begrippe maklik onder die knie te kry en ‘n dieper begrip vir jou onderwerp te ontwikkel.

Die aflaaibare materiaal is van toepassing op Grondslag- en Seniorfaseleerders. Hierdie hulpbron word mettertyd uitgebrei, dus hou hierdie spasie dop!

Klik op een van die onderstaande blokkies om die relevante materiaal af te laai.   

Kuier is ‘n tweeweeklikse tydskrif vir vroue met raad oor leefstyl, finansies, ouerskap en artikels oor bekendes.

Sit eksamenstres ore aan

Jou kind ly daaraan en jy as ouer ken die gevoel – jy is naar, jou maag is op ’n knop, jy kan nie slaap nie of daardie moeilike wiskundeprobleem bly deur jou kop maal. Jip – dis eksamenstres vir jou! Huisgenoot Digitaal gee hierdie sewe wenke oor hoe ons as ouers te werk kan gaan om eksamenstres vir ons kind te troef.

Dou Kleefstra – haal die probleem uit wiskunde

WISKUNDE! Menige leerder en ouer se nagmerrie. Gelukkig is daar mense soos Dou Kleefstra wat die nagmerrie in ’n mooi droom verander.

Hierdie onbaatsugtige, oudwiskunde-onderwyser help en verduidelik moeilike en onverstaanbare wiskundebegrippe – alles sonder vergoeding.
Graad 0 -12, enige tyd, enige dag – Dou is altyd aanlyn en reg met ’n verduideliking. Jy verduidelik jou kind se probleem en Dou maak ’n video waarin hy die probleem op verskillende maniere en boonop eenvoudig verduidelik. Volgens Bernice Dannhauser, ma van ’n 14-jarige wat sy tuis onderrig, red Dou lewens en is die tranedal en ligte histeriese aanvalle en slapelose nagte in hulle huis iets van die verlede.

Dou se video’s is op YouTube onder Mathdou (tik Mathdou op YouTube in op Google) en daar kan jy ook sy selnommer kry. WhatsApp jou wiskundeprobleem na 072-409-7505 en Dou help. Kyk byvoorbeeld hier: https://www.youtube.com/watch?v=SjbdQQCbUVshttps://www.youtube.com/watch?v=SjbdQQCbUVs

Dou Kleefstra verduidelik die meetkunde van lyne en hoeke, ooreenkomstige hoeke, verwisselende hoeke en hoeke op ’n reguit lyn – graad 9 Dou se Facebook-blad.

Fokus: Tegnologie in die klaskamer

Heelwat navorsing word deesdae gedoen oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer, maar watter impak het dit op die leerders? Daar word gesê dat die hedendaagse kind, of sogenaamde Z-generasie, meer visueel leer omdat hulle meer toegang tot tegnologie het en ook baie meer kundig in die gebruik daarvan is as kinders wat voor 2000 gebore is. Daarom moet die tradisionele manier van onderrig en leer hierby aanpas en is die doeltreffende gebruik van tegnologie vir innoverende onderrig en leer belangrik.

So laat die gebruik van tegnologie in die klaskamer diversiteit in leertegnieke toe en is die leerders meer betrokke by die leerproses, juis omdat leer meer visueel is. Leerders kan konsepte nou beter visualiseer omdat tegnologie dit moontlik maak. En dit het tot gevolg dat hulle meer vrae vra, meer ontleed, probleme oplos en kritiese denke toepas. Sodoende kan tegnologie ’n belangrike hulpmiddel in onderrig wees. Maar help dit werklik vir breinontwikkeling, of maak dit juis die brein lui?

Huisgenoot se virtuele klaskamer

Hier kan jy soek deur verskillende inhoud wat ons kenners vir leerders saamgestel het. Dit is perfek vir skooltake, vir leerders wat hul kennis wil verbreed of as jy net nuuskierig is oor ‘n spesifieke onderwerp. Ons het ‘n veilige betaalproses en jy kan binne minute die onderwerp van jou keuse aflaai.

Die aflaaibare materiaal is van toepassing op Grondslag- en Seniorfaseleerders. Hierdie hulpbron word mettertyd uitgebrei, dus hou hierdie spasie dop!  

Wat jy moet weet …

Het jy geweet …

As skooltake jou kopseer gee

Het jy al gehoor van Mieliestronk? Hier vind jy omvattende inligting oor allerlei onderwerpe wat jou skooltaak ‘n bietjie woema kan gee … van die geskiedenis van die skeermes tot die Franse Revolusie … van Robbeneiland tot die Richtersveld. Hierdie skatkis van inligting sluit ‘n wêreld van kennis oop.

Jong stemme vir Afrikaans!

Meer as 100 jongmense het in video- en stemboodskappe hul liefde vir Afrikaans betuig as deel van die eeufeesviering van Afrikaans as skooltaal (2014) en die 90ste herdenking van Afrikaans as amptelike taal. Hierdie materiaal is versamel deur Kraal Uitgewers en is op Maroela Media beskikbaar.