Onthou die datum – ATKV-Moedertaalfees 2018: Vier jou taal op 15 September!

“Kinders leer ‘n taal die maklikste aan wanneer hulle jonk is, daarom is dit die beste om jou kind se taalvaardighede en kommunikasievernuf te slyp terwyl hulle klein is. En dit moet liefs in hulle huistaal gebeur omdat kinders die maklikste in die taal verstaan en begryp.” – Celeste Paterson, opvoedkundige sielkundige in ‘n artikel op Huisgenoot.com

Kenners is dit eens: Ouers wat hulle kinders nie in hulle moedertaal laat leer nie, maak ‘n fout. UNESCO (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) beskryf moedertaalonderrig as “opvoeding wat ’n persoon se moedertaal as onderrigmedium gebruik”. Die organisasie meen ook dat moedertaalonderrig nie net belangrik is nie, maar noodsaaklik. Navorsing het ook bewys dat kinders beter leer, verstaan en presteer in hulle moedertaal.

Vanjaar se ATKV-Moedertaalfees vind op 15 September 2018 by die Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville, Kaapstad plaas. Dit beloof om soos altyd ‘n fees vir Afrikaans as moedertaal te wees en die #MyTaal-program is propvol sodat almal wat die fees bywoon die geleentheid sal hê om hulle kennis oor hierdie belangrike onderwerp uit te brei.

Onnies, kom slyp julle Afrikaansonderrigvaardighede!

Skitter-in-Afrikaans – ‘n werkswinkel

Dié werkswinkel, gereël deur die ATKV se taalafdeling in samewerking met die vakadviseurs van Afrikaans in die Wes-Kaap se onderwysdistrikte, word vir graad 1 tot 7-Afrikaansonderwysers (huistaal – HT en eerste addisionele taal – EAT) aangebied.

Tydens die werkswinkel sal onderwysers leiding kry in taalonderrig en toegerus word met kreatiewe idees, nuwe vaardighede en praktiese oplossings vir uitdagings in die klaskamer. Die temas wat bespreek gaan word, is die remediëring van lees, die sleutel tot suksesvolle leesbegriponderrig en woordeboekgebruik. Hulle sal ook deel wees van #MyTaal-pret en gesprekke oor die belangrikheid van moedertaalonderrig. Die werkswinkel vind van 07:00 tot 11:00 plaas.

Die bekende skrywer en spraakterapeut Christien Neser gaan vanaf 12:00 oor die belangrikheid van moedertaalonderrig gesels.

René Arendse, projekkoördineerder van Afrikaans.com se muurkunsprojek, gaan ook ‘n bydrae lewer oor moedertaal.

Registrasiefooi

Die registrasiefooi beloop R150 en sluit in: Intensiewe, kurrikulumgerigte sessies met topkenners, elektroniese hulpmiddels, verversings, geskenke en ’n bywoningsertifikaat.

Gesprekke is gratis en enige belangstellendes kan dit bywoon.

Skitter-in-Afrikaans-werkswinkel

Plek is beperk en die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Augustus. Lees meer oor die program hier.

Vir meer inligting oor die Moedertaalfees:

Foto: Atterbury Trust

Lees meer:

Afrikaans.com se moedertaalonderrigblad met aflaaibare plakkate en nuttige hulpbronne.

Afrikaans.com – Sukses deur moedertaalonderrig.

Die tien vrae  oor moedertaalonderrig wat almal vra. Kry die antwoorde hier.

Terugkeer na moedertaalonderrig? Lees wat se Christo Viljoen in ’n artikel op LitNET.

Maroela Media oor die waarde van moedertaalonderrig.

Anne-Marie Beukes skryf oor moedertaalonderrig in ’n demokratiese Suid-Afrika soos gepubliseer in Per Linguam.

Moedertaalonderrig is belangrik. Kenners vertel hoekom dit so is – ‘n Netwerk24-artikel.

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!