Na skool vooruitsigte

Akademia bied nou ’n studierigting in die geesteswetenskappe

Hier by Afrikaans.com kondig ons met groot opgewondenheid aan dat die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia, nog ‘n studierigting insluit. Ons ontvang talle navrae van leerders, spesifiek oor vakrigtings wat nou in Afrikaans aangebied gaan word.

Hierdie aankondiging is op Vrydag, 31 Augustus 2018, tydens ‘n spesiale byeenkoms in Centurion bekend gemaak.  ʼn Eerste kwalifikasie in geesteswetenskappe is bekendgestel. Hierdie kwalifikasie – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) – sal vanaf 2019 by Akademia se dertien studiesentrums aangebied word.

Vakkeuse bepaal jou kind se toekoms

Graad 10 is ’n belangrike jaar, want dit is wanneer leerders (en hul ouers) moet skoolvakke kies. ’n Besluit wat die leerder se loopbaankeuse en toekoms kan beïnvloed. Maar hoe gemaak as die kind nog nie eers seker is wat hy/sy eendag wil doen nie? Hoe kies ’n mens die regte vakke? En is wiskunde regtig so belangrik? Moenie paniekerig raak nie – daar is baie geleenthede en hulp daarbuite.

Hoe om ’n wen-CV op te stel

’n Curriculum Vitae kan klink na ’n moeilike ding, maar eintlik is ’n CV net ’n advertensie en vertel jy maar net vir ’n moontlike werkgewer waarom jý die beste persoon vir die werk is. Want jy is mos! Dis die eerste indruk wat ’n werkgewer van jou kry en die doel daarvan is om vir jou ’n onderhoud los te slaan. Daarom moet dit so professioneel moontlik gedoen word.

Op Solidariteit se webblad gee Adelle Roux, stap-vir-stap-riglyne wat beslis kan help.

Die Noordwes-Universiteit se loopbaansentrum gee ook wenke en raad en heelwat moets en moenies met nuttige voorbeelde.

Na skool

Hier kry jy as voornemende student inligting oor watter instellings in Afrikaans klas gee, ongeag die studierigting, waar jy Afrikaans as vak kan neem en waar om aan te klop as jy ’n beurs of studielening nodig het. Ons verskaf ook ‘n lys van instellings in die buiteland waar Afrikaanse taal- en/of letterkunde en kultuur as vak aangebied word. Vind meer uit oor mentorskapprogramme en leerlinggeleenthede by maatskappye, asook werksgeleenthede vir Afrikaanssprekendes.