Moedertaalonderrig, meertaligheid of nie?

In die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks was taal nog altyd ‘n sentrale kwessie. In Suid-Afrika het dit immers ‘n lang en kontroversiële geskiedenis, veral wat die moedertaal as die medium van onderrig betref.

Hieronder is skakels na ‘n verskeidenheid debatte en menings oor moedertaalonderrig en meertaligheid.

  • Moedertaalonderrig in ‘n demokratiese Suid-Afrika – Anne-Marie Beukes vra die vraag of moedertaalonderrig in ‘n demokratiese, veeltalige Suid-Afrika wenslik en haalbaar is. Lees meer…
  • SLIM-veldtog – Leer en studeer in jou moedertaal (‘n AfriForum-veldtog)
    Die SLIM-veldtog het in 2014 afgeskop en is daarop gemik om skoliere, voornemende studente en hul ouers in te lig oor die waarde en voordele van moedertaalonderrig.
    In die nuutste video verduidelik jongmense soos David Krynauw, internasionale meubelontwerper, Reuben Riffel, koskenner en sjef, Karien van Emmenes, entrepreneur-roomysmaker, Piet Matipa, rubriekskrywer, Mercia Lesch, belastingouditeur en Gielie Hoffmann, motiveerder, hoekom hulle ’n passie vir Afrikaans het en hoe hulle hulle ten volle in hul taal in hul werksomgewing kan uitleef.

Click here to add your own text