Help jou kind – toetse, vraestelle en speletjies

Foto: Pexels.com

Vir baie ouers is hul grootste bekommernis hoe hulle hul kind kan help om beter te verstaan en presteer. Veral Afrikaans, Engels en Wiskunde blyk om vir baie leerders ore aan te sit. Wat egter belangrik is om te onthou wanneer dit by die bemeestering van dié vakke kom, is daardie geheime wapen tot julle beskikking: herhaling.

In wiskunde en taalvakke begin die leerders altyd met eenvoudige konsepte, waarna hulle aanskuif na meer ingewikkelde werk. Byvoorbeeld: In wiskunde begin die leerder eers met plus- en minussomme voor hul maalsomme doen. Hulle doen eers eenvoudige algebra voor hulle meer gevorderde somme aanpak. Dieselfde beginsel geld vir taalkonsepte. Hoe sterker jou kind se basiese grondslag dus is, hoe makliker gaan hulle kan voortbou op die kennis wat hulle reeds het. Dink so daaraan: As jou kind nie die konsep van ’n werkwoord verstaan nie, hoe gaan hulle hulpwerkwoorde verstaan?

Maar hoe maak jy seker dat jy vir jou kind ’n goeie grondslag lê in vakke soos wiskunde, Afrikaans en Engels? Herhaling en oefening! Met klasse wat oorvol is, besige skooldae en onderwysers wat deur baie werk moet kom, is daar dikwels nie genoeg tyd in die klas om te verseker dat kinders alles wat in die klaskamer behandel is, verstaan nie. Dit is ook belangrik om te weet dat elke kind anders leer, en dat die onus steeds by jou as ouer lê om seker te maak jou kind maak vordering en presteer die beste na sy vermoë.

Gaan daagliks deur jou kind se handboek, kyk wat hulle daardie dag behandel het en maak seker jou kind verstaan alles. As hulle dit nie mooi verstaan nie, verduidelik weer. Herhaling is baie belangrik! Om te verseker dat jou kind die betrokke konsepte onder die knie het, kan jy hulle toets. Daar is verskeie aanlyn platforms waar jy toetse kan aflaai. Om ’n paar dae voor die toets of eksamen alles te probeer inprop, is nie ’n suksesvolle leertegniek nie. Hoe langer voor die tyd jou kind begin ‘leer’ hoe langer gaan hulle die inligting onthou.

Aanlyn toetse

Jy kan hier toetse aflaai:

Leerhulp (Speletjies en toeps)

Behalwe vir toetse kan jy ook van die volgende leerhulp gebruik maak om te verseker dat jou kind die werk wat hul behandel verstaan. Leer en speel loop hand aan hand en wanneer kinders pret het, is hulle baie meer geneig om die inligting wat hulle leer te onthou.

Bord-, rekenaarspeletjies en toeps

Die volgende kan jou kind help om die vaardighede wat hulle in die klaskamer aanleer, te oefen en verstaan.

  • Idioresies is ’n bordspeletjie oor idiome.
  • Kom ons boer reg is ’n bordspeletjie wat die leerder se taal- en wiskundevaardighede en algemene kennis verbeter.
  • Die volgende stop is ’n bordspel wat die leerder se algemene kennis oor Suid-Afrika uitbrei.
  • Arithmemouse en TimezAttack is gratis rekenaarspeletjies wat jou laerskoolkind se wiskundige vaardighede help ontwikkel. Laai dit hier
  • Op QAZ games kan leerders verskeie (Afrikaanse) wiskundespeletjies gratis speel.
  • Mathemagix is nog ’n aanlyn platform waar kinders gratis wiskundige speletjies kan speel.
  • By Game-Game kan leerders ook hulle wiskundige vaardighede met verskeie gratis speletjies verbeter. Klik hier.
  • Eduplay is ’n speletjie wat die leerder se basiese leervaardighede (wiskunde, spelling, leesvaardighede, ens.) ontwikkel. Kry dit hier.
  • Daar is ook verskeie opvoedkundige toeps wat op die klaskamer gemik is. Kyk hier vir ’n volledige lys.

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!