Ouerskap

Maak jou kind taalvaardig en skoolgereed.

Op Maroela Media, is daar ’n gereelde rubriek, Vra vir Susan, waar Susan du Plessis, ‘n opvoedkundekenner en gepubliseerde skrywer op die gebied van leerprobleme en disleksie met meer as 25 jaar ondervinding, nuttige raad aan ouers met vrae gee. Lees hier oor wat Susan se raad is as jy jou kind taalvaardig en skoolgereed wil maak. In die artikel raai sy byvoorbeeld ouers aan om geheuespeletjies met hul kinders te speel om so hul visuele en ouditiewe geheue te ontwikkel. Sy wys ook op logiese denke en hoe dit jou kind kan help om met begrip te lees en hoe logiese denke bydra tot wiskundevaardigheid. Lees gerus die artikel en wat jy as ouer nog kan doen om jou kind taalvaardig, wiskundevaardig en skoolgereed te kry. 

 

Hier kan jy deur Facebook-groepe en blogs saamgesels en wenke uitruil of sommer net lees wat sê ander oor ouerskap en die uitdagings waarmee hulle daagliks te make het. Maar dis darem nie net ernstige goed en “swaarkry” wat gedeel word nie, hier kan jy ook lekker saamlag en so deel in die voorreg van ouerskap.

Klets, kuier en ruil idees uit

Groeipyne op RSG
’n Program op RSG aangebied deur Johan van Lill, vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige iemand wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim. Gaan kyk by die skakel vir ’n volledige argief oor programme wat aangebied is. Luister RSG op Donderdae om 11:30 – 12:00.

http://www.johanvanlill.co.za/groeipyne-op-rsg/

Speelkamer
Om te speel is vir kinders baie belangrik en dit is grootliks deur spel dat hulle alles wat hulle sien, hoor en ervaar, oefen en bemeester. Hier word ouers gehelp om hulle kinders te laat floreer deur spel.

https://web.facebook.com/www.speelkamer.co.za/?_rdr

Peuter-Stimuleringsgroepie (Little One)
Die ontwerp van opvoedkundige leermateriaal vir babas tot vyfjariges word hier gekry. Hier is ook baie inligting oor die verskillende produkte wat in die tuiste se aanlynwinkel, Little One, gevind kan word. ’n Klomp nuwe idees word daagliks hier gedeel.

https://web.facebook.com/little1.co.za/posts/171303732919325?_rdr / http://peuters.yolasite.com/

Peuter-Kleuterpret
Voel jy soms ouerskap is ’n eensame ding? Dan is dié kletsblad vir jou. Hier gee raadop mammas idees om hulle kleingoed op 'n prettige manier besig te hou. (Nederlands)

 http://www.peuterkleuterpret.nl/

Kinders speel en leer
Kreatiewe aktiwiteite vir kinders word bespreek en ma’s kan mekaar ook raad gee en lekker grawe na wonderlike idees oor ’n wye reeks onderwerpe.

 https://web.facebook.com/kindersleerenspeel/?_rdr

Peuters en Kleuters
Vir ma’s om mekaar te ondersteun en om met mekaar te gesels. Sommer oor al daai klein dingetjies ...

 https://web.facebook.com/peuterenkleuters/

Voorskoolse en grondslagfaseonderwys
Hierdie blad is in besonder vir onderwysers ontwerp sodat hulle mekaar kan raad vra en idees uitruil. 'n Klomp nuttige idees vir ouers is egter ook hier te vind.
Vind al hierdie blaaie deur die soekfunksie op Facebook te gebruik. Soek ook hier na Baba & Kleuter se Facebookblad, die grootste gemeenskap van Afrikaanse ouers wat saamgesels en raad uitdeel.

 https://web.facebook.com/search/top/?q=voorskoolse%20en%20grondslagfase%20onderwys

 

Blaai deur hierdie lekkerlees-blogs en artikels vir raad oor ouerskap

Die Moomie

https://www.moomie.co.za/

Moomie is Suid-Afrika se grootste aanlyn-ouerskapsforum. Hier gesels jy met ander ma's vandat jy besluit jy wil swanger word tot in die middel van die nag as jy borsvoed. Die webtuiste het ook iets vir ouer kinders, die oulikste Afrikaanse kinderstories wat jy per e-pos ontvang.  

Lomi

www.lomi.co.za

Lizelle Rademeyer is ma van drie "woelige spruite" wat sy tuis onderrig. Volg hulle doen en late op haar blog, waar sy ook oulike idees en hulpmiddels deel.

Tuisskolers

www.tuisskolers.org

Die blog is gevestig as die mees omvattende webtuiste oor ouers se reg om hulle kinders binne familieverband op te voed.

Pienkvoete

www.pienkvoete.co.za

Vind hier alles oor swangerskap, geboortes, babas, peuters, kleuters, pienkvoete, moddervoete, groot voete en pappas, familie, en julle gesondheid.

Sanet se blog

www.sanetseblog.wordpress.com

Sanet Deysel is ’n ma van twee; deeltydse teologiestudent en passievol oor ma-wees. Sy gesels oor alledaagse ouerskapdingetjies.

Vrouekeur

http://www.vrouekeur.co.za/leefstyl/ouerskap

'n Keur van Vrouekeur se ouerskapartikels – van klei maak met twee bestanddele tot wenke teen boelies.

Huisgenoot.com

http://www.huisgenoot.com/kategorie/blogs/ouerskap-blogs/

’n Verskeidenheid van artikels / blogs oor ouerskap.

Dokter Francois Retief se blog

https://docfrancois.wordpress.com/tag/ouerskap/

www.dokfrancois.co.za

In sy blog spits hy hom toe op praktiese raad wat voortspruit uit ‘n mengsel van die nuutste navorsing, jare se ondervinding en ‘n gesonde dosis ‘common sense’. Die artikels beantwoord meestal vrae wat in sy praktyk herhaaldelik opduik. Daar is ook interessante ouerskapartikels.

Goeie Huishouding

http://www.goeiehuishouding.co.za/jou-lewe/ouerskap/

http://www.goeiehuishouding.co.za/boeke-oor-ouerskap/ - vir ’n lys van boeke oor ouerskap.

’n Wye verskeidenheid artikels oor ouerskap – van hoe om jou kinders soggens uit die bed te kry tot hoe om jou kind se huiswerk-persoonlikheid te ontdek.

Maroela Media
Ouerskap-rubriek:
Vra vir Susan

http://maroelamedia.co.za/kategorie/debat/rubrieke/

Susan du Plessis, ’n opvoedkundekenner en skrywer op die gebied van leerprobleme en disleksie, gee raad oor kwessies rakende jou kind se leerontwikkeling. Vir skoolkwessies kan jy Susan kontak by skoolkwessies@edublox.com

Living and Loving

http://www.livingandloving.co.za/

Ouerskapraad - kundige advies en praktiese wenke oor alles ouerverwant. (Engels).

The Reggio Emilia approach – an everyday story deur Kate

http://www.aneverydaystory.com/beginners-guide-to-reggio-emilia/main-principles/

Reggio is ’n innoverende en inspirerende benadering tot vroeë kinderopvoeding. Lees Kate, ’n oud-onderwyseres wat haar twee kinders tuis d.m.v. die Reggio-benadering onderrig, se interessante blog. (Engels)