Opvoedkundig

Verander jou kind in ’n wurm ... ’n boekwurm

Word deel van jou kind se leesavontuur. Kinder- en jeugboekskrywer, Jaco Jacobs, deel vyf vinnige wenke oor wat jy kan doen om jou kind sover te kry om boeke te verslind.


  Lees meer ...

 

Hulpmiddels te kus en te keur sodat jou kind lag-lag kan leer. Daar is speletjies, werkkaarte en skoolgereedheidswerkstukke sodat jou voorskoolse kind sommer speel-speel die verskillende ontwikkelingsfases kan baasraak om uiteindelik met selfvertroue en goed voorbereid, groot skool te kan aanpak.

Leerpret op die tablet en slimfoon – knoppies druk was nog nooit soveel pret nie!

Afrikaans 123, Afrikaans ABC en Afrikaans Vorms en kleure
Dié prettige toeps leer jou kleinding die wonderwêreld van syfers, letters en klanke en bied ook vermaaklike maniere om die basiese vorms en kleure te leer. Daar word deurlopend van legkaarte en geheuespeletjies gebruik gemaak.
Klerekas
Om vir kinders die naam, uitspraak en doel van die verskillende liggaamsdele en kledingstukke te leer, is dié toep tops. Daar is wonderlike aantrek-speletjies wat kinders vir ure sal vermaak.
Xander
Om vir slim kinders reg oor Afrika in hul moedertaal vorms en syfervaardigheid te help onder die knie kry. Hier leer jy in Afrikaans, Xhosa, Zoeloe, Swahili en Engels. Daar is boonop 'n Xander-knuffelspeelding wat saam met die toepassing leer nóg lekkerder maak.
Pienkvoetpret
Dié toep het hope oulike idees vir vakansiepret. Dit bied ook inligting oor kinders se ontwikkelingsmylpale en het ouderdomsgepaste speletjies.
My Pretplaas
Dit is ’n toep gemik op kinders onder sewe jaar. Hiermee kan jou kind leer-leer pret hê met speletjies, saamlees-stories en saamsing-liedjies - alles uniek in Afrikaans en met die hulp van ’n arbeidsterapeut asook bekendes in die musiek- en kinderteaterbedryf.
Leer om tyd te lees
Dié unieke toep is ontwikkel om jou kind te leer hoe horlosies werk en hoe om tyd te leer lees. Tyd is vir klein kindertjies ’n moeilike konsep en daarom is die toep ’n goeie idee.
Vrugte en groente
Dié een is perfek om jou kind sommer van kleins af aan die verskillende soorte vrugte en groente bekend te stel en sal help dat hulle ’n liefde daarvoor ontwikkel.
Liedjie
Dié musiekstroomdiens bevat speellyste vir elke bui en geleentheid en spesifiek ook vir mammas om vir die kleinspan te speel. Ou treffers wat liefs nie verlore moet gaan nie, soos Jakkals en Wolfstories deur Dana Niehaus en nog vele meer is beskikbaar.
Olke Bolke
Met dié toep leer jou kleuter ritme hou saam met ses van Elizabeth Fourie se lekkerste luisterliedjies.  Jou kleuter kan instrumente verander soos hy speel en selfs die foon skud om die klank voort te bring.
Kleuterpret
Dié opvoedkundige Afrikaanse toep wat vir drie-  tot vyfjariges ontwerp is, se doel is om skoolgereedheidsvaardighede speel-speel te ontwikkel.
Waarvoor is seerowers bang?
Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Of is dit? Hierdie rymende, skreeusnaakse seerowerstorie is ’n opwindende eerste – dit is die eerste oorspronklike Afrikaanse prenteboek wat tot ’n interaktiewe storie-toep verwerk is.
ABC met Vuurhoutjie 
Vuurhoutjie is 'n lewenslustige, energieke en vurige mannetjie wat brand om jou te leer. Die alombekende stem van Magda van Biljon bring nuwe lewe aan die alfabet en sy klanke! Vuurhoutjie is die eerste in 'n reeks opvoedkundige Afrikaanse toepassings. Deur middel van herhaling, assosiasie en die opwindende animasie sal jou kleuter die alfabet op 'n speelse manier baasraak. 
Afrikaanse toepassings vir kleuters
Met oulike animasie, kleure en klanke en kleurvolle illustrasies leer hierdie toeps jou kinders basiese voorskoolse vaardighede. Van tydlees tot tel, patroonherkenning, algemene skoolvaardigheid en nog baie meer is hier te vind. 

 Leer sommer woerts warts op die web of gebruik papier, pen, gom en ’n skêr:

My Slimkind

www.myslimkind.co.za

My slimkind is ontwerp deur ’n paneel van deskundiges en verskaf hulpmiddels vir vroeë kinderontwikkeling wat jou help om jou kind die beste begin in die lewe te gee. Die prettige aktiwiteite wat jy saam met jou kleinding kan geniet, sal hom of haar help om tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel.

Bazoo

www.bazoo.co.za

Dié oulike stories en aktiwiteite vir kleuters is geskep sodat kleuters noodsaaklike vaardighede betyds kan ontwikkel. Bazoo is boonop ’n vriendelike skilpad met ’n voorliefde vir stories luister en lees.

FAK Elektroniese Sangbundel

www.fak.org.za/elektroniesesangbundel

Op dié webtuiste kan jy al die lekker liedjies se woorde en die klavierbegeleiding vir kleuters in die eerste sangbundel, aflaai.

Reg vir Skool, Baba & Kleuter se Reg vir Skool digitale gids en werkstukke

www.mysubs.co.za/magazine/reg-vir-skool

Dié digitale gids is spesiaal vir Afrikaanse ouers wat hul kinders op ’n prettige manier wil toerus met al die vaardighede wat nodig is vir graad een, sodat hulle die jaar met entoesiasme en selfvertroue kan begin. Die proses begin tydens die babajare, want ontwikkelingsmylpale bou op mekaar.

Depicta.co.za

www.depicta.co.za/

Hierdie webtuiste verkoop plakkate, flitskaarte, borde, plakkers en werkboeke.

Kinderwerf

www.kinderwerf.co.za

Kinderwerf is ’n Afrikaanse opvoedkundige webtuiste wat unieke Afrikaanse opvoedkundige gehalteprodukte aan ouers en skole verkoop. Die produkte is gebaseer op die nasionale kurrikulum en daar is heelwat gratis drukstukke.

Practica

www.practicakids.co.za

Hier vind jy ’n volledige program met meer as 4 000 speletjies en aktiwiteite om saam met jou kind te doen, vanaf babastadium tot op sewe jaar. Die speletjies is deur terapeute en kenners saamgestel en fokus op al 50 vaardighede wat ’n kind nodig het om gereed te word vir skool.

Edublox

www.edublox.co.za

Edublox lees- en leerklinieke is toonaangewende spesialiste in kognitiewe ontwikkeling. Daar is 22 lees- en leerklinieke regdeur Suidelike Afrika. Edublox bied multi-sintuiglike, kognitiewe onderrig aan wat daarop gemik is om die fundamentele vaardighede van lees, spel en wiskunde te ontwikkel en te outomatiseer.

 

Speelkamer

https://web.facebook.com/
www.speelkamer.co.za/?_rdr

Om te speel is vir kinders baie belangrik en dit is grootliks deur spel dat hulle alles wat hulle sien, hoor en ervaar, oefen en bemeester. Hier word ouers gehelp om hulle kinders te laat floreer deur spel.

 

PreKinders

http://www.prekinders.com/

Kreatiwiteit is die tuiste se nommer een doel. Hier is hope aktiwiteite en idees wat veral onderwysers in kleuterskole kan gebruik.

 

Skoolskatkis

https://web.facebook.com/
skoolskatkis/?_rdr

Besoek die tuiste wat baie nuttige opvoedkundige materiaal ontwerp en maak.

 

Juffer/My klaskamer

https://myklaskamer.com/

www.juffer.wordpress.com

Idees en gedagtes uit ’n juffrou se pen (Opvoedkundige blog) deur ’n laerskoolonderwyseres wat tans as remediërende opvoeder vir graad 1 – 3 werk. Sy deel lesse, idees en drukstukke.

 

Kieswetter-klaskamer

https://kieswetterklaskamer.wordpress.com

Janet Kieswetter deel die lesse en aktiwiteite wat sy saam met haar kinders in hulle tuisklaskamer doen.

 

Kreatiewe kleuter

www.kreatiewekleuter.blogspot.com

Dié oulike blog het tonne idees vir aktiwiteite vir peuters en kleuters vanaf twee tot vyf jaar (ook vir voorskoolse haasbekkies en skoolbeginners). Dit word geskryf deur ’n ma wat al 10 jaar lank fasilitering van kreatiewe programme vir kinders doen, en self ’n mamma van ’n kleuter is. Die meeste van die aktiwiteite kan gedoen word met dit wat in en om die huis is.

 

Slimkoppe

www.slimkoppe.co.za

“Kies slim vir ’n skitterende toekoms.” ’n Wonderlike reeks om jong kinders se vaardighede in tale en wiskunde op ’n prettige, interaktiewe manier te ontwikkel. Blaai gerus deur hul katalogus https://www.slimkoppe.co.za/katalogus

 

Kleuters

www.kleuters.co.za

Hoe hou ek my kleuter tuis besig? Dit is waarskynlik een van die algemeenste vrae wat ouers elke dag vra. Hier is baie idees – van resepte tot opvoedkundige speletjies.

 

Alles-in-een voorskoolse aktiwiteitsboek & Graad-werkboeke

Vir meer inligting, skakel Thea Korff by 021 406 4376 /

thea.korff@bestbooks.co.za

Van geboorte tot vier jaar, help hierdie aktiwiteitsboek en handleiding ouers en opvoeders om hul voorskoolse kinders se vaardighede op ’n speelse wyse te ontwikkel.

 

Waardes vir Woelwaters

http://www.fak.org.za/waardes-vir-woelwaters/

Vir inligting of bestellings: Belinda by mccampher@mtnloaded.co.za

Die Dameskring van die FAK bemark hierdie handleiding oor kernwaardes. Daar is toepaslike Bybel- en vertelstories asook praktiese aktiwiteite of speletjies om die betrokke waarde vas te lê. Kan ook in die grondslagfase aangewend word.

 

Woelwater – Aktiwiteitsbokse vir peuters en kleuters

https://www.woelwater.com/

Een boks per maand. Elke boks se aktiwiteite inspireer groot motories, fyn motories, sensories, musiek en kunsvlyt vir ouderdomme tussen 5 maande en 4 jaar.

 

Klein breintjies leer tuis – alles-in-een opvoedkundige program vir kleuters van 2 tot 5 jaar oud wat tuis leer

http://www.toddlereducation.co.za
/index_files/kleuteropvoedkundigeprogram.htm

’n Handleiding vir ouers en versorgers van kleuters wat nie ‘n kleuterskool bywoon nie of wat 'n bietjie meer basiese onderrig nodig het om optimaal te ontwikkel.
Die program is geskryf vir drie ouderdomsgroepe en so saamgestel dat jou kleuter kan inskakel by die ontwikkelingsfase waar hy/sy die beste kan vorder.

 

Klikkerland

www.klikkerland.co.za

Kindervermaak met die fokus op kwaliteit, pret en opvoedkundigheid. Verhoogproduksies met liedjies en lessies vir oud en jonk. Daar is reeds 4 DVD’s asook ’n musiekvideo by musiekwinkels beskikbaar. Hul avonture is ook op kykNET kanaal 146 te sien.

 

My ABC

http://www.myabc.co.za/tuis.asp

Opvoedkundige rekenaarspeletjies vir kinders. Maak jou kind speel-speel skoolgereed. Klik hier vir ‘n voorskou.

 

Peuter- en Kleuterpret

https://www.facebook.com/peuterenkleuterpret/

Kletsblad vir raadop mammas vol idees om hulle kleingoed op 'n prettige manier besig te hou.

 

Afrikaanse alfabet met fonetiese klanke

www.smartgecko.co.za/

www.smartgecko.co.za/dt_portfolios/afrikaans-fonetiese-alfabet-klanke/

Hierdie Afrikaanse toepassing bevat die fonetiese alfabetklanke, dubbelklanke en drieklanke. Eenvoudige woorde is gekies om dit ook leesbaar vir die beginnerleser te maak. Klik hier vir ’n voorskou.

Kyk ook op die Smart Gecko-webtuiste vir nog Afrikaanse toepassings vir jou kind, soos Spelpret, Syfermonsters, Beroepe, Wat pas waar , My liggaam en vele meer. Daar is ook kinderstories in Afrikaans.

Luister, kyk en sing saam met hierdie oulike video’s op YouTube. Ons gee enkele voorbeelde, maar daar is heelwat om uit te kies:

Afrikaanse stories vir kinders

Bekende sprokies: Gemmerbroodmannetjie

 

Brakanjan Deel 1 (kry ook deel 2 tot 6 op YouTube)

 

Dollie Dolfyntjie

Lekkerbekkie muis - deel van Anna Emm se gewilde Afrikaanse kinderstories-reeks

 

Kinderboek-toep – Die drie varkies

 

Beste Afrikaanse Alfabet vir Kleuters

Musiekvideo: Lollos – Dis my land

 

Goggatjie se tradisionele Afrikaanse kinderliedjies DVD (hoe ry die boere)

 

Klikkerland

 

Hier is nog ’n uittreksel uit Klikkerland oor hoe Meneer Volstruis sy lang nek gekry het.