Leespret

Kry jou kind aan die lees!

Lees is die grondslag vir sukses, nie net op skool nie, maar ook vir latere sukses in jou beroep. Daarom is dit belangrik om ’n liefde vir lees van kleins af by jou kind te kweek ... en is dit een van die grootste geskenke wat jy aan jou kind kan gee. 

Lees meer ...

 

Dit is soms maar moeilik om te besluit watter boekies om aan te koop, maar sluit aan by jou plaaslike biblioteek waar die kinderafdeling gewoonlik volgens temas programme aanbied wat op die voorskoolse kind se ontwikkeling gerig is. Daar is ook wonderlike boek-toepassings beskikbaar wat jou kind van kleins af lief vir lees sal maak.

Luister, lees en word woordslim.

Annaemm kinderstories

www.annaemm.co.za

Anna Emm is die grootste vervaardiger van Afrikaanse kinderstories in die land, met meer as 2 000 stories op CD, DVD en in boekvorm. Kindertjies is almal gaande oor die stories.

Storiewerf

www.storiewerf.co.za

Vir alle kinders wat hou van lees in Afrikaans.

Storiemuis

https://www.youtube.com/watch?v=i2sh83ZHM6o
Storiemuis – Boek 1: http://www.humanrousseau.com/Books/18847

Storiemuis – Boek 2: http://www.humanrousseau.com/Books/18848

Die gewilde en geliefkoosde Afrikaanse kinderboeke het byna geen bekendstelling nodig nie. Luister, leer en lees saam met storiemuis. Besoek die tuiste en herontdek gunstelingstories deur bekendes voorgelees.

Goggatjie se kinderstories en kinderliedjies

www.goggatjie.com

Maak gereed om saam met Goggatjie in sy tydmasjien te klim en op 'n reis terug na die verlede toe te gaan toe mamma en pappa klein was. Ons sing die tradisionele Afrikaanse kinderliedjies wat mamma en pappa gesing het toe hulle kindertjies was.
Op pad leer ons van verskillende geluide, plaasdiere, vorms, dele van die liggaam, teenoorgesteldes en vele meer.

 

Lees-toeps in Afrikaans sorg dat daar altyd ’n storie byderhand is.

Storierak

https://www.storiewerf.co.za/nuusbrokkies/
br_1408boektoep_adriod_nb.htm

NB-Uitgewers se gewilde Storierak-toepassingswinkel kan nou ook op Android-toestelle afgelaai word. Bied 'n opwindende multimedialeeservaring met voorlesings deur bekende stemkunstenaars, of kinders kan self lees, of kies om deur die stem begelei te word. Elke storie het twee soorte speletjies, flitskaarte en legkaarte. 

Leespret

Helpende Hand Lees-toep

www.leesapp.co.za

Dieretuinpret, Leespret en Skryfpret vir Android-fone en -tablette. Daar is ook ’n boekie, geskryf deur Jaco Jacobs, wat saam met die toepassing gebruik word. Gratis.