Sporttaal

Kom ons praat sport

Sport in Suid-Afrika verbeeld die karakter van sy mense en hul beste en slegste eienskappe. Dis ’n gedeelde taal wat almal verstaan. Vertel vir ons meer oor jou liefde vir sport, die sporthelde wat ’n verskil in jou lewe gemaak het en steeds maak. Ons hoor ook graag wat op sportgebied in jou kontrei gebeur. Stuur vir ons nuus, foto’s en staaltjies wat ’n mens van die rusbank af sal kry … kortom, enige iets wat met sport te make het en veral hoe jy van die kantlyn af saamgesels. Klik hier en kom gesels saam.

Sporttaal in Afrikaans

Talle koppies koffie het al agter ‘n oop koerant koud geword terwyl “kenners” heftig raak oor ‘n uitslag van ‘n boksgeveg of ‘n rugby- of sokkerwedstryd. Dis dan ook die manne wat die skeidsregter se beslissings in die veiligheid van ‘n sitkamer in twyfel trek en wanneer hulle klaar is nie kan wag tot die aand- of oggendkoerant kom sodat hulle kan sien wie reg was nie en dit in Afrikaans!

Sporttaal het ritme

Danksy vindingryke oplossings vir Nederlandse en Engelse terme gesels Afrikaans nou lekker saam. Dit was nie so eenvoudig nie, want om inslag te vind, moet so ‘n vertaling nie meer lettergrepe as die oorspronklike woord hê nie, dieselfde ritme hê en boonop beskrywend wees.

 Lees meer …

Lekker sportwoorde

Ons lys is dun. Kom praat saam en deel Afrikaanse woorde waarin jy jou sport beskryf. Klik hier …

Sportskakels

Lees jou sport in Afrikaans:

Woord: Rugby Betekenis Engels
plettervat pletterduik crash tackle
pypkan opponent mislei deur te maak of jy bal aangee dummy
skopskoen skoen waarmee baie of goed geskop word kicking boot
boorvat om teenstander gevaarlik grond toe te bring spear tackle
Woord: Gholf Betekenis Engels
voëltjie een hou onder baansyfer birdie
arend twee houe onder baansyfer eagle
albatros drie houe onder baansyfer albatross
kolhou met een hou jou bal in die gaatjie slaan hole in one
bofperk gemerkte area waarvandaan eerste hou van die gaatjie gespeel word tee
Woord: Krieket Betekenis Engels
driekuns wanneer ‘n bouler drie paaltjies na mekaar plattrek hattrick
gestonk kolwer word gestonk wanneer die paaltjiewagter hom nadat die bal geboul is buite sy kolfkampie betrap en blitsig die dwarsbalkies bo-op die paaltjies afstamp stumped
bypen die pen naaste aan die kolwer se sitvlak leg stump
wydloper die bal is buite die kolwer se bereik wide
foutbal wanneer die bouler oor die streep in die kolfkampie trap as hy boul no-ball
waailopie bylopie – omrede die skeidsregter met die waai van sy hand die tellinghouers op sodanige lopie wys bye
Woord: Swem Betekenis Engels
vlinderslag borsslag waar albei arms gelyktydig bokant die water vorentoe gebring word butterfly
kruipslag arms word beurtelings bo die water gelig en vorentoe getrek crawl
Woord: Sokker/Hokkie Betekenis Engels
dribbel ‘n speler hardloop met die bal naby die voete/stok. dribble
Woord: Rolbal Betekenis Engels
gras die rigting waarin die bal rol
kietie teikenbal

Sokkertaal

Of jy nou van ‘n handbal, ‘n kopskoot of ‘n driekuns praat, sokkertaal is dikwels deurspek met interessante en selfs verwarrende terme wat waarskynlik net die spelers kan verstaan. Om die taal van Suid-Afrikaanse sokker te bevorder, het die Universiteit Stellenbosch (US), in samewerking met ‘n aantal afrigters en navorsers, ‘n nuwe sokkerwoordelys-boekie aan die vooraand van die 2010 FIFA Wêreldbeker bekendgestel. Lees meer oor die Drietalige sokkerwoordelys …

Het jy geweet?

Suid-Afrika is die eerste Afrika-land wat die Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied het; slegs die tweede land in die wêreld wat die krieket, rugby en sokker Wêreldbeker-toernooie aangebied het.

Sedert die 1940’s, het Suid-Afrikaanse gholfspelers meer “majors” (hooftoernooie) as enige ander nasie, behalwe die Verenigde State, gewen.

Suid-Afrika bied die grootste snel-fietswedren in die wêreld, die Cape Argus (nou die Cape Town Cycle Tour), die wêreld se oudste en grootste ultra-marathon, die Comrades en die wêreld se grootste oop water-swemgebeurtenis, die Midmar-myl, aan.