Nuttige terme – bestanddele en snitte

Bakpoeier ‘n Mengsel van koeksoda en kremetart wat koolsuurgas in deeg of beslag vrylaat en as rysmiddel dien. Baking powder
Balsamiese asyn Italiaanse produk: Druiwe-mos wat afgekook is, dan gefermenteer word en in vaatjies verouder. Balsamic vinegar
Bruismeel Fyn, wit mengsel van koekmeel en bakpoeier. Self-raising flour
Droë gis ‘n Gis met ‘n growwer tekstuur wat eers in (louwarm) water opgelos word om die aktiewe bestanddele te aktiveer, voor dit by die res van die bestanddele gevoeg word. Active dry yeast
Hawermout Graan/hawersaad wat gemaal, uitgerol en in vlokkies gesny is. Meestal as pap geëet. Oatmeal / rolled oats
Kitsgis ‘n Gis met ‘n fyn tekstuur wat direk by die droë bestanddele gevoeg kan word. Instant yeast
Knolgroente Groente waarvan die eetbare deel onder die grond groei. Root vegetables
Koeksoda Rysmiddel: ‘n Sout van natrium en bikarbonaat. Bicarbonate of soda / baking soda
Kremetart Gesuiwerde wynsteen wat tydens die wynmaakproses onder in vaatjies vorm. ‘n Stabiliseerder vir bv. eierwitte en voorkom ook dat klonte vorm. Cream of tartar
Kruie Die groen dele van geurplante (blare en/of stingels): word vars of gedroog gebruik vir geur. Herbs
Kruisskyf ‘n Snit uit die bokant van waar die bees se boude begin. Rump steak
Lendeskyf ‘n Snit uit die rugkant van die bees se agterkwart, net voor die boude. Sirloin steak
Lendestuk ‘n Snit uit die bokant van die dier, met of sonder die ribbebene. Indien in tjops opgesny: lendetjops. ‘n Lamsrak is ook hierdie snit. Loin of (pork/lamb)
     
Beeshaas/filet ‘n Snit uit die onderkant van die ribbe en langs die rugstring, aan die lendekant van die bees. Fillet/tenderloin
Blad ‘n Snit uit die boonste deel van die voorkwart, teenaan die rug.  Shoulder
Maaskaas ‘n Suiwelproduk wat gemaak is van melk-wrongel  wat van die wei geskei word. Cottage cheese
Mootjie vis ‘n Porsie vis sonder grate wat of in die lengte langs die ruggraat gesny is, of in die breedte. Fish fillet
Stampkoring Grofgemaalde, harde koring. Crushed wheat
Plathoender ‘n Hoender wat van krop tot kruis langs die rugstring oopgesny is en dan plat gespalk word vir braai of rooster. Spatch cock
Roomkaas ‘n Vars, sagte, wit kaas met ‘n hoë melkvet-inhoud. Cream cheese
Skenkel Snit tussen die knie en die begin van die boud. Heel en opgesny – albei bekend as skenkel. Whole: Shank
Pieces: Knuckles
Spekrepies Stroke vleis gesny uit varklies (“pork belly”), vars of soms gerook. Pork rashers
Speserye Sade, bas, bessies/vrugte of wortel van plante; gewoonlik gedroog en gemaal vir geur. Spices
     
Varklies ‘n Snit uit die pens van die vark; met heelwat vet en die vel en soms met die been in. Gewoonlik stadig gerooster. Pork belly
Volkoringmeel Witbroodmeel met growwe koringsemels bygevoeg. Nutty Wheat/whole wheat flour