Is jy ‘n jongmens wat ‘n verskil wil maak?

‘n ATKV-jeugtak is die platform vir jou.

Afrikaans.com se verteenwoordigers, Clara Olivier en Daniëlle Laufs was 18 en 19 Julie teenwoordig by die ATKV se algemene jaarvergadering by Klein Kariba (Bela-Bela).

Hoewel die sessies hoofsaaklik gehandel het oor ATKV se visie vir die volgende jaar en aksieplanne  in plek gestel is om dit te verwesenlik, het die span spesifiek op die jeugverteenwoordigers by hierdie beraad gefokus.

Die ATKV se jeugtakke regoor Suid-Afrika het sterk, jong stemme wat ‘n groot bydrae in hulle gemeenskappe lewer. Hulle doen gemeenskapswerk en bevorder Afrikaans. Dit is ‘n inklusiewe klomp jongmense wat enigeen wat betrokke wil raak met ope arms verwelkom.

Luister hier na ‘n paar jong stemme en vind uit waarom dit so lekker is vir hulle om deel te wees van die ATKV, wat hulle daaruit baat, die projekte waarby hulle betrokke is en natuurlik hoe jy betrokke kan raak en ‘n verskil kan maak.

Jongmense soos hierdie met ‘n brandende passie vir Afrikaans is #onmisbaar!

Vind meer uit oor die ATKV-kletswerf. Klik hier.

Jané de Wet – ATKV-Jeugtak vise-voorsitter.

Reza van Rooyen vertel ons meer oor ATKV se kletswerf.

Vuurdansers vermaak die gehoor by die dinee.

Jenelle Smythe, Joane Smith, Lene du Plessis en Kyla Cloete – jeugdiges teenwoordig by die ATKV se AJV

Barnard Beukman en Gerrie Lemmer by die ATKV AJV-dinee.

Karla van Niekerk – ATKV-Jeugtak verteenwoordiger saam met Clara Olivier.

It Takes Four musiekgroep vermaak almal by die dinee wat die aand plaasgevind het.

Nuwe ATKV-direksievoorsitter

“Ek weet dat die ATKV aan niemand anders as sy lede behoort nie.”  – Bridgitte Mathews

Bridgitte dien sedert 2014 op die ATKV-direksie. Sy beskik nie net oor ’n wye kennis van die Afrikaanse taal nie, maar is ook Engels, Zoeloe, Frans en Setswana magtig.

Sy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en het vir talle maatskappye as finansiële bestuurder opgetree. Sy dien ook in die finansiesportefeulje van die ATKV.

Sy bedryf haar eie besigheid wat konsultasiedienste in die areas van risiko en nakoming aanbied.

Afgesien van haar rol as direksielid van die ATKV, dien sy ook op ’n aantal direksies (genoteerde, sowel as private maatskappye) in die landbou-, eiendomsbeleggings-, finansiëledienste-, sowel as logistieksektore.

Indien jy op Netwerk24 ingeteken is kan jy meer oor Bridgitte hier lees

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!