Vickie de Beer is ʼn Afrikaanse ambassadeur. Sy is die skrywer van My Low Carb-kombuis. Sy is die afgelope 14 jaar die kosredakteur van die glanstydskrif Rooi Rose, maar sy is ook ’n vryskut-kosstilis en -skrywer. Haar en haar gesin se reis met diabetes het in 2008 begin to hul seun Lucca (toe 8), met tipe 1-diabetes gediagnoseer is. Sy deel hier haar ervarings, raad en ‘n paar liplekkerresepte wat hierdie pad na gesondheid vergemaklik. 14 November is Internasionale dag vir Diabetes.