Afrikaans.com Films TV Feeste
DEURnis Digitale een-tot-een teater waar jy ook al is.

DEURnis: Digitale een-tot-een teater waar jy ook al is.

Die koronovirus het voorlopig ’n stokkie gesteek voor die bywoning van lewendige teater en kunstefeeste. Daarmee saam sit ons kunstenaars en akteurs nou sonder inkomste en venues en gaan dit broekskeur in ’n bedryf wat dikwels aan die agterspeen suig wanneer dit by befondsing kom. Ons almal weet egter: In…

Lees meer
E-konsert-Jak-de-priester

E-konsert by Atterbury-teater bereik rekordgehoor

Sondagaand 15 Maart 2020. Voor die televisieskerm hou duisende Suid-Afrikaners hul asems op in afwagting vir president Cyril Ramaphosa se aankondiging oor COVID-19. Die skole sluit vroeg. Samekomste van meer as ’n 100 mense word onmiddellik verban. Een van die persone aan die anderkant van die televisieskerm is kunstenaar en…

Lees meer
Moffie-film gaan oor veel meer as seksualiteit.

Moffie-film gaan oor veel meer as seksualiteit.

Suid-Afrika is in rep-en-roer oor Oliver Hermanus se nuutste rolprent, Moffie, wat eersdaags in rolprentteaters begin draai … Vir sommiges is die film ’n viering van hoe ver Suid-Afrikaners reeds in terme van aanvaarding gekom het. Vir nog ander is dit ’n nostalgiese blik op die weermagdae waar jong manne in…

Lees meer
Ons was by die bekendstelling van Vergeet my Nie

Ons was by die bekendstelling!

Afrikaans.com het met die akteurs, vervaardiger en regisseur gesels oor die nuwe Afrikaanse film, Vergeet my nie. Die film is landswyd in teaters op 14 Februarie 2020 vrygestel. Hoor hier wat hul te sê het… Marquerite van Eeden & Danie du Toit Sean-Marco Vorster Amalia Uys Elani Dekker & Arno Greeff…

Lees meer
‘n Nuwe jaar op kykNET Die Byl 2019

‘n Nuwe jaar = nuwe kykgenot op kykNET!

‘n Nuwe jaar, ‘n nuwe dekade, met hope kykgenot wat voorlê op kykNET! Oudergewoonte skop kykNET die jaar af met nuwe seisoene van kykers se gunstelingprogramme, sowel as splinternuwe reekse. kykNET DStv-kanaal 144 begin 2020 op ‘n hoë noot met drie dramas wat vanaf Januarie uitgesaai word. Die Byl keer terug vir…

Lees meer
kykNET word 20 Ons hou saam partytjie!

kykNET word 20: Ons hou saam partytjie!

Die room van die Afrikaanse vermaakbedryf het die afgelope naweek bymekaargekom om ’n glasie te klink op een van die grootste mylpale in die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld. kykNET vier vanjaar nie net 20 jaar van inspirasie nie, maar ook twee dekades van drama, glans, spanning en natuurlik hope vermaak. Hierdie besonderse…

Lees meer
Ander Mens omskep in ’n aksiebelaaide draaiboek!

Ander Mens omskep in ’n aksiebelaaide draaiboek!

Zirk van den Berg se boek is nou ‘n aksiebelaaide fliek! Quentin Krog se splinternuwe fliek, Ander Mens, is gebaseer op Zirk van den Berg se topverkoperroman, Nobody Dies, wat later in Afrikaans vertaal is. Annelien van Basten het gaan uitvind hoe daar te werk gegaan word om ’n bekende roman in ’n draaiboek te omskep. Die…

Lees meer
Stories wat saak maak bring goeie nuus en hoop

Stories wat saak maak bring goeie nuus en hoop

Nuwe TV-reeks Deel van die Stories wat saak maak-span: Radio-omroeper Lyntjie Jaars en programaanbieder Coenie de Villiers. Lyntjie is die aanbieder van die Korporatiewe Maatskaplike Investering-insetsel op die program. Suid-Afrikaanse TV-kykers kan hulle eersdaags verlustig in ʼn stewige en gereelde dosis goeie nuus. Stories wat saak maak, ʼn reeks wat fokus op inspirerende inhoud…

Lees meer
Madiba se storie – nou vertel in Afrikaans!

Madiba se storie – nou vertel in Afrikaans!

Oudpresident Nelson Mandela, wêreldikoon, Nobel-pryswenner en staatsman wie se rol in die vreedsame oorgang na ’n demokratiese  Suid-Afrika steeds lof verdien, se storie word nou in Afrikaans vertel! KykNET se minireeks, Madiba – ’n uitsonderlike roeping, begin op 28 Julie om 20:00 op DStv-kanaal 144. In dié reeks wat uit ses episodes bestaan,…

Lees meer
kykNET Silwerskermfees – Wen R20 000 met jou oorspronklike draaiboek!

kykNET Silwerskermfees – Wen R20 000 met jou oorspronklike draaiboek!

Inskrywings is nou oop vir nuwe oorspronklike draaiboek-idees. Lê daar iewers op jou rekenaar ’n draaiboek wat jy glo ’n speelfilm kan word? Het jy al lank ’n idee vir ’n fliek waarvoor mense na teaters toe sal stroom? Nou is jou kans. kykNET en M-Net is op soek na ’n oorspronklike speelfilm-draaiboek. Daar…

Lees meer
Katinka die Kat – van Instagram na die kassie

Katinka die Kat – van Instagram na die kassie

Baie ken haar vir haar aanlyn persoonlikheid, Katinka die Kat, maar Katinka Oosthuizen is veel meer as net dít. Met haar borrelende persoonlikheid en unieke styl het sy ’n internetsensasie geword wat vermaak vir oud en jonk bied. Haar Instagam-bladsy staan tans op nagenoeg 81-duisend volgelinge wat daagliks kan uitsien na grappige…

Lees meer
Fliek-Skemerson

Fliekvlooie kan uitsien na ‘n lewensdrama

Skemerson landwyd in teaters vanaf 3 Mei Pietie Beyers maak sy debuut as draaiboekskrywer en vervaardiger in Skemerson. Hy speel ook die hoofrol. (Foto met vergunning van Indigenous Film Distribution) Oor die fliek… Skemerson is ’n aangrypende en deernisvolle rolprent, met ’n sterk boodskap van hoop, wat elkeen wat dit kyk dieper laat dink…

Lees meer
Suidoosterfees 2019 – ’n Fees vir almal!

Suidoosterfees 2019 – ’n Fees vir almal!

Met unieke stories, ’n skatkis vol talent en jong talent beloof vanjaar se sestiende Suidoosterfees om jou siel te verryk en jou tone van lekkerkry te laat krul. Irma Albers, die waarnemende uitvoerende hoof, sê  die kunste gee hoop – “kreatiewe kunste is die lig wat deurbreek in uitdagende tye”. Die…

Lees meer
Fiëstas 2019

Fiëstas 2019

Die kunste se onontbeerlike rol in die strewe na versoening, vrede en harmonie Vanjaar se negende kykNET Fiëstas, die kanaal se jaarlikse toekennings vir kuns, musiek en teater, het op Valentynsaand in die Kunstekaap in Kaapstad plaasgevind. Dit was ’n swierige en plesierige geleentheid en is oudergewoonte regstreeks op kykNET,…

Lees meer
Fliek Dominee Tienie – kry die eerste terugvoer hier!

Fliek: Dominee Tienie – kry die eerste terugvoer hier!

Dominee Tienie is Donderdag, 24 Januarie vrygestel en Afrikaans.com was daar! Die fliek is gebaseer op Dana Snyman se toneelstuk, Klaagliedere van Dominee Tienie Benade – met Frank Opperman in die hoofrol en is vanaf 25 Januarie landswyd te sien. Lokprent In ’n wêreld waar drastiese daling in kerkbywoning ’n algemene verskynsel is,…

Lees meer
Waarom moet jy Kanarie gaan kyk Schalk vertel self

Waarom moet jy Kanarie gaan kyk? Schalk vertel self …

Kanarie het reeds by verskillende internasionale filmfeeste aandag getrek, die film was vanjaar die wenner by die Silwerskermfees en gaan plaaslik gehore laat regop sit. Dit is ’n ware verhaal. Dit het met Charl-Johan Lingenvelder (bekende komponis en musiekregiseur) gebeur. Sy aandeel in hierdie fliek (as mede-skrywer en musikale-regisseur en musikale-direkteur by die…

Lees meer
Ellen Plakkies Hoofspelers

Die verskriklike waarheid … ‘n Myl in die skoene van Ellen Pakkies

Jill Levenberg vertel … Die aangrypende drama, Ellen, Die Storie van Ellen Pakkies, is vanaf 7 September 2018 op die grootskerm te sien. Jill Levenberg gesels met Afrikaans.com oor hoe sy voorberei het om die rol van Ellen Pakkies te speel. Wanneer ’n liefdevolle ma haar eie kind se lewe neem, ruk dit jou…

Lees meer
’n Nuwe Afrikaanse digitale gospel-TV-kanaal

’n Nuwe Afrikaanse digitale gospel-TV-kanaal

Afrikaans.com was op 29 Augustus teenwoordig tydens die bekendstelling van RoepTV.com –  ’n nuwe en innoverende aanwins vir die Afrikaanse digitale TV-mark wat op 2 September afgeskop het. Die nuwe TV-platform wil gesinskykgenot aan ’n Christenmark verskaf. “Omdat digitale tegnologie enorm groei, het ons besluit dat RoepTV.com die tegnologie sal gebruik…

Lees meer
Thys en Trix – ’n Spioenkomedie

Thys en Trix – ’n Spioenkomedie

Thys en Trix – Die film Eers was daar Jagveld, toe Vuil Wasgoed en nou het Suid-Afrika se eie goue filmpaartjie, Leandie du Randt Bosch en Bouwer Bosch weer saamgewerk om vir ons die skaterlag aksiekomedie Thys en Trix te bring. In dié film speel die twee getroudes broer en suster en ook ywerige, maar onbeholpe…

Lees meer
Misdaadriller Nommer 37 – ontmoet die ster Irshaad Ally

Misdaadriller Nommer 37 – ontmoet die ster: Irshaad Ally

“My verlede het my help voorberei vir Nommer 37” –  Irshaad Ally is binnekort op die grootskerm te sien as Randal Hendricks in die langverwagte misdaadriller, Nommer 37, wat reeds internasionaal naam gemaak het. Annelien van Basten gesels met hom oor hoe sy verlede hom help voorberei het vir hierdie rol. Agter die skerms (Foto: Lindsay…

Lees meer
Heindrich Wyngaard KLOP! elke Sondagaand aan jou deur

Heindrich Wyngaard KLOP! elke Sondagaand aan jou deur

Soos ʼn vernuftige skrumskakel weet Heindrich Wyngaard presies hoe om die bal op presies die regte oomblik uit te gee. Heindrich was vir byna twee jaar een van die aanbieders van RSG se vroegoggendprogram, Monitor, en van die begin van April af, het hy ʼn ander perd opgesaal. Op Sondagaand, 1 April, is die heel…

Lees meer
Meerkat Maantuig – ’n Fliek vol lewenslesse en fantasie …

Meerkat Maantuig – ’n Fliek vol lewenslesse en fantasie …

Meerkat Maantuig wat in Maart 2018 in teaters begin draai het, het tot dusver plaaslike en oorsese gehore bekoor. Meerkat Maantuig het by Silwerskermfees 2017 die toekenning vir Beste Kinematografie ontvang. Annelien van Basten gesels oor die lewenslesse en fantasie-elemente wat in dié fliek opgesluit is. Hierdie jeugrolprent spog nou wel met ’n sterk rolverdeling, wat…

Lees meer
Romantiese flieks maak dit maklik om aan ʼn feeverhaal te glo!

Romantiese flieks maak dit maklik om aan ʼn feeverhaal te glo!

Leon van Nierop saam met Anoeschka von Meck (skrywer van Vaselinetjie) tydens Silwerskermfees 2017. “Om romanse en komedie te meng en dit boonop oortuigend te doen en nie die karakters te verkleineer of platvloers te maak nie (want dit is so maklik) is ingewikkeld.” -Leon van Nierop Kleintyd het ons geglo…

Lees meer
Susters ’n Suid-Afrikaanse chick-fliek

Susters: ’n Suid-Afrikaanse chick-fliek

Sy is jou beste vriendin, jou klankbord, die enigste een wat jy vertrou om jou eerlik te antwoord of jy ‘vet lyk in daai jeans’ en die een wat jy bel as jy vergeet het hoe om Ouma se lemon meringue-tert te bak. Sy is jou suster. Susters: ’n Suid-Afrikaanse…

Lees meer
Fliekmaak in jou moedertaal – Danie Bester van Film Factory-faam vertel meer …

Fliekmaak in jou moedertaal – Danie Bester van Film Factory-faam vertel meer …

Die Afrikaanse rolprentbedryf het oor die afgelope paar jaar baie sukses behaal, maar is daar ‘n toekoms daarvoor in ons land? The Film Factory SA se Danie Bester praat met Annelien van Basten oor fliekmaak in jou moedertaal. Jy het hulle seker al almal gesien! Ivan Botha en Donnalee Roberts se inspirerende liefdestreffers (wat jy gerus hierdie Valentynsdag kan kyk), Pad…

Lees meer