Feestelik

Afrikaans vier fees

In Suid-Afrika is daar talle feeste en nou kan jy jou kalender aanpas volgens plekke wat jy wil sien, dinge wat jy wil beleef en feeste wat vir jou saakmaak. Hier volg ’n bietjie agtergrond oor Suid-Afrika se grootste Afrikaanse feeste en die redes waarom jy hulle nie kan misloop nie. Laat weet ons van feeste wat ons dalk miskyk of nuwe belewenisse wat op ons kalender hoort. 

Gesels saam ... 

 

Feesfokus

 

Vrystaat Kunstefees: Vind uit #waarsitlekka by die fees!

Die sewentiende Vrystaat Kunstefees (voorheen Volksbladkunstefees; toe Vryfees) van 18 tot 22 Julie vanjaar in Bloemfontein, is weer ’n viering van kuns van gehalte en verskeidenheid oor genres en media heen.

Lees meer ... 

 

Innibos Kinderboeke-krôl – die idee inspireer!

Die Kinderboeke-krôl, die heel nuutste toevoeging tot Innibos se alreeds heerlike program, is een van die inspirerendste boekprojekte wat ons al beleef het. Ilse Salzwedel en Pieter Cloete het gaan kyk hoe word dit gedoen.

Lees meer ... 

 

Innibos: ʼn Feestelike winterwegbreek vir die gesin.

Innibos, wat van 5 tot 8 Julie in Nelspruit gehou was, is een van my gunsteling-kunstefeeste. Nie net omdat dit ʼn mens kans gee om so ʼn bietjie van die winterweer elders in die land te ontsnap nie, maar omdat dit werklik ʼn gesinsfees is met iets vir oud én jonk. En dis nie net ek wat so sê nie: die afgelope paar jaar was dit gereeld ʼn finalis in KykNET/Fiësta se fees-van-die-jaar kompetisie én drie keer die wenner van die kompetisie.

Lees meer ... 

 

Soomloos - Suidoosterfees 2017.

Die Suidoosterfees is 'n fees soos geen ander. Dis 'n stadsfees met 'n diverse gehoor. Musiek is die hoofbestanddeel en daar is altyd 'n soeke na nuwe talent. Dis 'n kort fees. Of altans dit voel kort. Dit begin altyd op Versoeningsdag, 27 April, en vanjaar op 1 Mei, die laaste dag van die fees, was daar een enkele konsert.

Lees meer ... 

 

KKNK 2017 – Waar jy die kunste kan beleef.

Die 23ste Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn is vanaf Saterdag, 8 tot Saterdag 15 April 2017 aangebied en weereens is oud en jonk vermaak deur die room van die Suid-Afrikaanse kunste met ‘n program wat boordensvol was met drama, humor, musiek, diskoers en vermaak.

Lees meer ... 

 

ATKV-Oesfees.

Die tiende ATKV-Oesfees op Solms-Delta, naby Franschoek, was vanjaar groter as ooit. Dit het het Saterdag, 25 Maart plaasgevind en vanjaar was een van die hoogtepunte die optrede van die wêreldbekende Suid-Afrikaanse tradisionele musiekgroep Ladysmith Black Mambazo - ‘n opwindende toevoeging tot die oorspronklike Suid-Afrikaanse roots-musiek wat by die fees aangebied is.

Lees meer ... 

 

US Woordfees – waar soveel meer as jou siel verryk word.

Die US Woordfees bied ’n platform vir die kunste. “Ons wil ons beywer vir die ontwikkeling van nuwe gehore en kunstenaars en die bevordering en uitbouing van Afrikaans binne ’n inklusiewe, meertalige, verwelkomende omgewing. Ons is verbind tot die skep van ’n gesonder gemeenskap ...” aldus Saartjie Botha, Direkteur US Woordfees.

Lees meer ... 

 

'n Viering van feestalent.

Soms word die grootste juwele die diepste weggesteek. Dít was vanjaar by die Fiëstas, die enigste toekenning van sy soort in Suid-Afrika, weer ooglopend.

Lees meer ... 

 

Adam Small – Van Wellington tot Pniël.

My ma se groen Volkswagen Kewer was ‘n teater in transito. Sodra die wiele rol, het die konsert begin. Dit was die vroeë 70’s, Apartheidsjare en ook die tyd waarin my ma vir ons, so in die ry, Afrikaanse gedigte geleer het. Twee van my gunstelinggedigte was A.G. Visser se Amakeia en Oppie Parara van Adam Small. 

Lees meer ... 

Maak 'n knoop in jou oor ...

Lees meer oor die grootste Afrikaanse feeste en beplan jou jaarkalender! 

Klik op jou gunsteling fees en lees meer ...