Afrikaanse Studiefonds

Afrikaans sit die bal aan die rol

Helpende Hand Studiefonds

Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum (voorheen bekend as die Afrikaanse Beursinstituut) is in 2008 gestig om die behoefte van Solidariteit-lede en hul kinders ten opsigte van finansiële hulp vir tersiêre opleiding, te help bevredig.

Die Beursinstituut
Hierdie beursplatform het reeds 100 beursfondse wat die breë spektrum van skaars vaardighede omvat. Meer as 1 000 studente het reeds ondersteuning ontvang.