Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Afrikaans pas dinge op

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) is 'n inklusiewe instelling wat hom daarvoor beywer dat alle Suid-Afrikaners Afrikaans respekteer en waardeer. In hierdie gees werk die ATM hard daaraan om Afrikaans veral onder die jeug en nie-moedertaalsprekers aan te moedig en te ondersteun. Die ATM poog deurlopend om respek tussen Afrikaans en ander inheemse tale te bewerkstellig deur onder meer die wedersydse invloed op mekaar te erken en uit te beeld.

Die ATM omvat vandag die Afrikaanse Taalmuseum, die Afrikaanse Taalmonument en die Paarl Amfiteater. Die Taalmuseum is geleë in die hartjie van die Paarl en ingerig in die voormalige huis van Gideon Malherbe, een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Die museum se uitstallings lig jou in oor die geskiedenis en diversiteit van Afrikaans. Besigtig die GRA se drukpers, toets jou kennis van idiome of koop 'n aandenking in die museumwinkel. Begeleide toere is met voorafbespreking by die Taalmuseum beskikbaar.

Klik hier http://www.taalmuseum.co.za/taalmuseum-virtuele-toer/ vir 'n virtuele toer.
Die 4 000-sitplek-amfiteater is naby die monument teen die suidelike hang van Paarlberg geleë en word gereeld vir groot geleenthede benut.

Kontak die ATM:

Tel: 021 872-3441
Faks: 021 871-1106

E-pos: admin@taalmuseum.co.za
www.taalmuseum.co.za
www.facebook.com/afrikaansetaalmonument
www.twitter.com/taalmonument
OF @taalmonument

Interessante skakels:
http://www.taalmuseum.co.za/vandag-in-ons-geskiedenis/
http://www.taalmuseum.co.za/taalmuseum-virtuele-toer/

Projekte:

  • Tuin van Digters by Taalmonument

 'n Nuutjie by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl is 'n gediguitstalling in hul tuin. “Groen: Tuin van Digters”. Klik hier vir meer.