Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) - Afrikaans het ritme

Die FAK is 'n moderne kultuurorganisasie wat die hart van die Afrikaner-geskiedenis, -taal en -kultuur lewend hou en positief bevorder. Dis in 1929 gestig met die hoofdoel om 'n tuiste te skep vir alle Afrikaanse en Afrikaner-kultuurorganisasies wat deel in dié doel. Die FAK onderhandel namens sy lede-organisasies met die SA-regering en span saam om idees te genereer wat die Afrikaanse leefwyse uitbou. Die FAK fokus op die ontwikkeling van lewensbeskoulike idees deur middel van die NP van Wyk Louw-sentrum vir gemeenskapstudies. Die lekkersing FAK-sangbundel is spreekwoordelike volksbesit. Die eerste sangbundel is in 1929 gedruk en die nuutste weergawe, FAK-sangbundel Volume II, het in 2012 verskyn - wat ook die bundel se 75ste bestaansjaarviering was. In Volume II is daar plek gemaak vir 400 nuwe Afrikaanse liedjies wat geskryf is sedert 1979. Die liedjies in die tweede druk van die FAK-Sangbundel vervang nie die nostalgiese volksliedjies nie, maar maak plek vir van die bekendste musiekstukke wat Afrikaanse musieklegendes oor die jare heen bekend gestel het. Die nuwe kategorieë sluit o.a. in: immergroen en populêr, kleinkuns, kinderliedjies, geestelike liedjies, tradisionele liedjies; kunsmusiek en koormusiek. Die bundel bevat ook ’n rubriekindeling, ’n register van liedere se titels en eerste reëls. Klik hier vir meer: www.fak.org.za

Kontak:

  • Facebook: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge
  • Besturende direkteur: Dr Danie Langner
  • Skakelbeampte: Charles Smit, tel: 012 301 1777, e-pos: fak@fak.org.za

Projekte: