Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat

Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat (VTM) - Afrikaans onthou

Die Voortrekkermonument is opgerig om die Groot Trek en Suid-Afrika se pioniersgeskiedenis tussen 1835 en 1854 te herdenk. Dis ‘n kultuur-historiese besienswaardigheid en die Bloedrivier Erfenisterrein word van hier bestuur. Die gedagte om ‘n monument ter ere van die Voortrekkers te bou, het in 1931 by ‘n FAK-kongres ontstaan. Daarna is ‘n Sentrale Volksmonumentekomitee gestig wat in beheer van die fondsinsameling, ontwerp en oprigting was. Die staat het die meeste van die geld bygedra – die totale koste van die monument was 350,000 pond. Lees meer by: www.vtm.org.za

Kontak:

  • Facebook: Voortrekkermonument
  • Besturende direkteur: Sonja Lombard
  • Voorsitter van die Direksie: Dr WC van Wyk.
  • Inligting: Klik hier vir 'n kaart van die terrein en die fasiliteite