Die Erfenisstigting

Die Erfenisstigting (ES) - Meer werd as goud en silwer

Met meer as 20 jaar ervaring op die gebied van Erfenisbewaringsbestuur, museum- en argiefbestuur en gespesialiseerde navorsing bied die Erfenisstigting (ES) ;n een-stop-oplossing vir al jou kultuurhistoriese en bewaringsverwante uitdagings. Toegerus met die nodige hulpmiddels en fasiliteite en met die hulp van 'n uitgebreide span kundige vennote is hul gevestig om 'n effektiewe, professionele diens teen mededingende koste te lewer.

Enige kunswerk, beeld, gebou of stuk grond wat vir Suid-Afrikaners en veral Afrikaners geskiedkundige waarde het, word deur die Erfenisstigting beskerm en in stand gehou. Hul doen navorsing, hou 'n argief en museum in stand en ondersteun uitstallings. Die Erfenisstigting pak ook private projekte aan namens ontwikkelaars en nie-regeringsorganisasies wat bewaring ten doel stel. Klik hier vir meer: www.es.org.za

Kontak:

  • Facebook: Erfenisstigting
  • Twitter: @DieErfenis
  • Generaal Gert Opperman is as die eerste Besturende Direkteur aangestel. Vanaf 2015 het Sonja Lombard dié taak oorgeneem.

Projekte:

  • Griekwas van Campbell-gronde
    Die Erfenisstigting (ES) het 'n spesiale belang in alle Afrikaanssprekende gemeenskappe, en het onlangs betrokke geraak by 'n projek oor die Griekwas van Campbell. Campbell is 'n klein dorpie aan die kant van die Ghaap-plato in die Noord-Kaap, 48 km oos van Griekwastad.