Die Vereniging van Rekenmeesters vir Afrikaans (RVA)

Afrikaans tel

Die Vereniging van Rekenmeesters vir Afrikaans (RVA) gee ondersteuning aan Afrikaanse mense in die rekenkundige beroep en maak lesingmateriaal beskikbaar. Hul tree op waar taalregte in gevaar is in die werkplek en tree in wanneer staatsorgane dié reg misken. Lesingmateriaal word ontwikkel en steun word gegee aan onderriginstellings wat in Afrikaans klas gee. 

In 2014 het die Vereniging suksesvol die SA Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) se omstrede besluit dat vraestelle van die kwalifiserende eksamen vanaf 2014 net in Engels beskikbaar sal wees, omgekeer.

Lees meer: www.rva.org.za

Kontak:  
Facebook: Rekenmeesters vir Afrikaans
Voorsitter: Jaco van der Merwe