Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV)

Afrikaans lawaai

Die ATKV is die grootste taal- en kultuurorganisasie in Suid-Afrika. Die geesdrif vir Afrikaans en vir diegene vir wie Afrikaans saak maak, leef deur die talle projekte waardeur Afrikaanse kunstenaars,  gemeenskappe en onderwysers 'n hupstoot kry.  Moedertaalonderrig is die ATKV-sleutel tot sukses en taalvaardigheid word deur hul jaarlikse ATKV-spelathon aangemoedig. Meer as 30 kultuurprojekte betrek jaarliks meer as 220 000 mense en VivA, 'n virtuele taaldiens, is nog 'n ATKV-projek. Hul publikasies, Die Taalgenoot en die kinderpublikasie, Hoezit! skilder die wye Afrikaanse landskap in volkleur. Die Taalgenoot het in 1931 tot stand gekom en word kwartaalliks aan lede gestuur. ATKV-lidmaatskap hou 'n goedkoop vakansiehouvoordeel in by die sewe ATKV-vakansieoorde in Suid-Afrika.
Lees meer by www.atkv.org.za en kry hier toegang tot die ATKV-kalender.

Kontak die ATKV

Tel

011 919 9000011 919 9000

Faks 011 919 0220
Tolvry 0800 00 22090800 00 2209 FREE
Inbelsentrum 011 919 9092011 919 9092
E-pos atkv@atkv.org.za
Besturende direkteur Japie Gouws
Facebook ATKV
Twitter @ATKVSA
YouTube-kanaal https://www.youtube.com/user/ATKVBemarking

Projekte

Hier is die volledige ATKV-projektekalender
http://www.atkv.org.za/files/atkv_projekte_kalender_2016.pdf


ATKV-Animato-koorkompetisie Die primêre doel van die Animato-koorkompetisie is die bevordering en die genot van koorsang onder kore. Kinderkore, jeugkore, kamerkore en gemeenskapskore kan deelneem. Koorleierwerkswinkels word ook aangebied. Lees meer …
ATKV-Applous Wees deel van die baie stemme wat die harmonie van ATKV-Applous sing. Die kompetisie is oop vir laerskool- en hoërskoolkore. Lees meer …
ATKV-Rapport Korekompetisie Alle gemeenskapskore in die Wes-Kaapstreek word genooi om deel te wees van hierdie unieke kompetisie. Lees meer …
ATKV- Liedjieslypskool

Lees meer …

ATKV-Filmfundi

Die ATKV skep geleenthede vir studente om hul kreatiwiteit en vernuf in die filmgenre in Afrikaans uit te brei en te ontwikkel. Lees meer ... 
Nog projekte:

ATKV-rieldans Die rieldans kan met reg as die oudste danssoort in Suider-Afrika gereken word omdat die hedendaagse vorm direk na die Khoi-San, die eerste bewoners van die streek, herlei word.

Die ATKV het gedurende 2006 die eerste rieldanskompetisie in sy soort aangebied. Lees meer …
ATKV-feeste Die ATKV speel 'n waardevolle rol in die ontwikkeling en groei van die volgende feeste. Lees meer …
ATKV-taalprojekte Die ATKV se taalprojekte skep ruimte vir enigeen wat met die woord woeker.  Lees meer …
Aanhou leer is lekker leer Leerders, ouers, onderwysers en skoolbeheerliggame kry steun op alle vlakke om lekkerder te leer. Lees meer …
Projek Handevat Met hierdie projek help bevoorregte skole die wat minder het op vele vlakke.  Lees meer …