AfriForum

Afrikaans staan wag

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat deel vorm van die Solidariteit Beweging en buite die werksplek op nasionale en plaaslike vlak die impak van die huidige politieke realiteite op Afrikaners hanteer en probeer beïnvloed. Terselfdertyd word daar volhoubare strukture gevestig waardeur Afrikaners selfstandig hulle eie voortbestaan kan verseker.  Die organisasie se uitgangspunt is die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe.

Lees meer by: www.afriforum.co.za

Kontak:  
Facebook: AfriForum
Twitter: @Afriforum
Uitvoerende Hoof: Kallie Kriel
Skakelbeampte: Alana Bailey, telefoon: 072-728-454, e-pos: alana@afriforum.co.za
YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/watch?v=yxBAEP6z7Is

Projekte:  
Blou- en Groendruppel-projek Hier kan jy jou stem laat hoor oor watergehalte op jou dorp en deelneem aan 'n projek wat die gehalte van drink- en rioolwater monitor. Klik hier vir meer ...
Die Hou Afrikaans in skole-projek Die #lesufimoetval-veldtog vorm deel van AfriForum se belang by die voortbestaan van Afrikaanse skole en hier kan jy jou stem laat hoor. Klik hier vir meer ...
Maak 'n verskil-veldtog AfriForum se oproep tot deelname word gedryf deur hul Maak-'n-verskil-ledewerwingsveldtog. Klik hier vir meer ...
Die Waarvoor betaal ons-veldtog Suid-Afrikaners se bydraes tot die staatskas is hier onder die vergrootglas. Klik hier vir meer ...
Die Afrikaans-is-vriendelik-veldtog AfriForum stel 'n gids saam met inligting oor  "vriendelike Afrikaanse” ondernemings en sakebelange asook sake-eienaars. Klik hier vir meer ...

Nog veldtogte sluit in 'n aksie teen skaliegasontginning, rassekwotas in sport en godsdiens in skole.

Lees meer hier: https://www.afriforum.co.za/tuis/

 
Toekennings:  
Die Tinteltong-toekennings 2017 “Met die toekennings wil ons graag erkenning aan dié ondernemings gee wat inisiatief neem en Afrikaans deur hulle werksaamhede bevorder. Ons sien hierdie ondernemings en die verskil wat hulle maak, raak.”- Sanderien Van der Walt (AfriForum)  Klik hier vir meer ...