Pendoring

Pendoring

 Die afgelope twee dekades het Pendoring ontwikkel in 'n omvattende veldtog wat gerig is op die bevordering van 'n sterker en wyer bewustheid van die krag van moedertaal-kommunikasie met 'n bepaalde teikenmark, of dit nou in Afrikaans, Zoeloe of Xhosa, of enige van die ander inheemse tale in Suid-Afrika is. Dié fokus spruit uit die feit dat verbruikers geneig is om hul harte, koppe en beursies meer geredelik oop te maak wanneer daar met hulle in hul moedertaal, die taal waarin hulle dink, gekommunikeer word. 

Pendoring 2016