Taaldebat

Wees eerlik oor wat op die spel is in die taaldebat.

In dié debat het voorstanders van Engels as enigste verstektaal kliphard in die media gekla oor hoe hulle gedemoniseer word (Amanda Gouws en Kylie Thomas). Dit was egter ewe waar vir diegene wat dit durf waag het om vir Afrikaans in die bresse te tree. Hulle moes hoor hulle is “regs” (soos Anton van Niekerk op afgesaagde wyse oor Hermann Giliomee); of dat hulle nie in inklusiwiteit belangstel nie en “monumentaal onnosel” is (Eusebius McKaiser oor die DA se posisie).

Hieronder is skakels na ‘n verskeidenheid debatte en menings oor die taaldebat