’n Hoogtepunt op die Jeugmaandkalender!

Op Saterdag 23 Junie het die skoolarena van Klein-Nederburg Sekondêr gegons met ritme, vlymskerp rym en ’n warm gees. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in samewerking met Afrikaans.com het Jeugmaand en Jeugdag met ’n gratis konsert, kompetisie en werkswinkel vir jong rymkletsers gevier. Die geliefde Kaapse rymkletser, Jitsvinger, het die toon aangegee. Hy het ’n motiveringsboodskap gehad en die jong rymkletsers met raad en daad bygestaan. Deelnemers aan die dag het die geleentheid gehad om na afloop van die gesprekke en werkswinkel deel te neem aan ’n kompetisie en lekker pryse was op die spel.

Jitsvinger inspireer met vlymskerp woorde …

“Ek voel honoured om deel te  kon wees van hierdie opwindende geleentheid. Dis veral hartroerend om te sien hoe dors die gemeenskappe is vir sulke platforms om hulself ten toon te stel …” – Jitsvinger

Jong rymkletsers kry ook kans om koning(in) te kraai

Rottas

“Ek is wat ek is … deur dit wat ek doen … rappers doen dit vir fame, maar ekke … ekke is hier vir change … “ Dit was die boodskap van Rottas, een van die deelnemende groepe en die boodskap van die jeug was baie duidelik – ons het ’n stem en wil gehoor word!

Hierdie inisiatief van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument was ‘n hoogtepunt op die Jeugmaandkalender.

Vermaak

Ander vermaak het die Getuies, ʼn Paarlse rymkletsgroep, asook ʼn opvoering deur Klein Nederburg Sekondêre Skool se dramagroep ingesluit. Die geleentheid is juis beplan vir die begin van die skoolvakansie sodat die jongelinge al hulle krag kon inspan en die waardevolle kennis wat hulle opgedoen het hierdie vakansie met entoesiasme en energie kan benut.

Die jong sterre van die skool se dramagroep het gedeeltes uit hulle Simunye, We are One, Ons is Een-vertoning aangebied. Hierdie produksie het ook ʼn draai gemaak by vanjaar se Suidoosterfees en is ’n viering van ons land se kulturele diversiteit.

Deelnemers

Die inskrywings vir die ope-mikrofoonkompetisie het begin.

Rymkletser CAITLYN het ’n boodskap vir die jong meisies en moedig hulle aan om te droom en te werk om hul drome waar te maak.

Dié jong kragtige vroue staan nie ’n tree terug nie … die Jong Vegters is aan die woord.

ET se deelname aan die die kompetisie het die gehoor uit hul stoele gelig.

Rassie G het die gehoor  verras met ’n a capella-bydrae.

Die wenners – RKP het weggeloop met die hoofprys.

Die wenners word aangekondig –  die RKP-rymkletsers is in die wolke!

RKP saam met René Arendse (Afrikaans.com), Jitsvinger (rymkletser en programleier) en Amira Brown (ATM).

Die gaskunstenaars

Die  bekende plaaslike rymkletsgroep, Getuies, in aksie.

Die dramagroep van Klein-Nederburg Sekondêr vermaak die lewende gehoor met ’n musiek- en dansitem.

Jitsvinger aan die woord.

Die gaste

Eddie Williams van Koinonia geniet die program.

Gemeenskapsleier Ralph Kenned inspireer en motiveer die gehoor.

Jeffrey Pietersen (ATM), Nikita Pietersen (ATM), Veronique Jephtas, Whitney Pinto saam met René Arendse, gemeenskapskoördineerder van Afrikaans.com.

William Sezoe, ’n leerder van New Orleans Sekondêr, het ritme! Hy is ’n vrywilliger by Radio KC en deel van Koinonia-span.

Die finaliste.

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!