Sê mooi agter my aan

Dis allermins maklik om ’n nuwe taal aan te leer, en vir Engelssprekendes is Afrikaans se ronde “r” ’n moeilike mondvol. Maar hierdie Afrikaanse man gee nie moed op met die jong Engelse kind nie – en sosiale media gons.

Bron: Jacarandafm, Facebook

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!