Jeugmaandvieringe – Afrikaanse Taalraad

“Afrikaans dra ‘n sekere soort waarheid …” – Shanique Bruiners, ‘n eerstejaaronderwysstudent by die Kaapse Skiereiand Universiteit van Tegnologie vertel waarom Afrikaans vir haar #onmisbaar is. Hierdie video is deel van die Afrikaanse Taalraad se jeugmaandvieringe.

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!