Claudia Witbooi (YOMA) oor haar nuwe album: Moedertaal

Claudia Witbooi, ook bekend as die rymkletser YOMA, het rede om breed te glimlag. Haar debuutalbum, Moedertaal, is op 21 Februarie, Internasionale Moedertaaldag, bekendgestel. Dié album, waarop sy haar vaardighede as Afrikaanse rymkletser ten toon stel, is die resultaat van maande lange harde werk, terwyl sy swanger was met haar en Simon Witbooi (HemelBesem) se baba, wat in Desember 2017 gebore is. Op hierdie CD hoor jy haar baba se eerste hartklop op ʼn sonar en dit eindig ook met die stem van haar baba – die hele reis. Die titel van die CD verwys egter nie net na haar swangerskapreis nie, maar ook na haar sterk oortuiging dat Afrikaans as moedertaal in haar eie lewe ʼn besondere plek het. Sy kan haarself besonder goed met haar gedigte uitdruk, juis omdat sy dit in Afrikaans, haar moedertaal kan doen. Claudia werk ook hard om die stigma wat in sekere mense se oë, nog aan Afrikaans kleef, af te breek. Saam met taal kom identiteit en karakter, glo YOMA. Die CD, Moedertaal, is vanaf 21 Februarie 2018 op alle digitale platforms beskikbaar en vanaf einde Februarie ook op die rak. Claudia het met haar betrokkenheid by mentorskappe soos die ATKV se Crescendo-projek, haarself as ʼn belangrike rolmodel vir ander jong kunstenaars gevestig. Die boodskap wat sy met hierdie CD wil uitstuur, is dat jy nie moet huiwer om jou droom na te jaag nie. Met harde werk en deursettingsvermoë, kan jy dit bewaarheid. Om meer oor Claudia te lees, kyk hier na haar profiel.

YOMA se optrede by die WAT se Woordpret op 26 Mei 2017

YOMA gee haar eie gedigte ‘n melodie … in hip-hop.

Claudia Witbooi was nog altyd lief vir musiek, maar het nooit daaraan gedink om hip-hop as ‘n genre te sing nie. Dit het toevallig gebeur vertel sy.

Haar oupa het vir kaar ‘n elektroniese klawerbord gekoop en een van die funksies op die toestel was ‘Hip-hop”. “… een van die beats was hip-hop. Toe speel ek die een dag rond en dink toe, ok cool, ek gaan nou ‘n voice note maak en sommer freestyle op die ding en vir my neef speel. En toe hy nou hoor, toe sê hy vir my, jy moet dit ernstig begin opneem en hy dink ek het talent …” En die res is geskiedenis.

Sy is ook baie lief vir digkuns en het op skool reeds gedigte geskryf. Hip-hop was die platform wat sy kon gebruik om ‘n melodie by die gedigte te sit. “… ek het toe verlief geraak op hip-hop omdat ek hierdie digkuns nuwe lewe kan gee.”

Claudia meen daar kort nuwe klanke in Afrikaans, maar daar is tog klanke (genres) wat nie ‘n kans gegee word nie.

Wat jy nie geweet het nie:

  • YOMA (Claudia Witbooi) is ‘n internasionaal gekwalifiseerde somatoloog (skoonheidskundige)
  • Sy is getroud met die kletsrymer HemelBesem (Simon Witbooi)
  • “Roes’ is YOMA se huldeblyk wat sy op Suid-Afrika se 60ste herdenking van Vrouedag op 9 Augustus 2016, aan alle vroue opgedra het.

Pieter Cloete het ‘n ruk gelede tydens een van Afrikaans.com se kunstenaarsfokusse met haar gesels oor haar liefde vir hip-hop.

Kyk hier …

YOMA se nuwe musiekvideo in samewerking met KykNET

“ … ek leef steeds na verskeie dinge wat ek deurgemaak het, en dit is die inspirasie agter my nuutste enkelsnit: Tsunami. Die lewe is maar woes. Dit ruk en pluk jou rond nes dit lus het, gooi jou dan eenkant en wanneer dit ‘n breek vat, kom dit weer vir jou … nes branders. Maar ons moet almal sterk staan voor daardie tsunami’s. Baie uitdagings kom groot en onbeheerbaar voor, maar wanneer dit verby is, is dit verby. So in plaas daarvan om in ‘n hoek te gaan sit en krepeer, staan voor daardie tsunami. (Lees haar blog in Rooi Rose hier.)

Click here to add your own text

Stuur ‘n whatsapp-stemboodskap wat sê waarom Afrikaans vir jou onmisbaar is na 064-652-6873.

Ons wil weet waarom Afrikaans vir jou belangrik is en watter waarde jou taal tot jou lewe toevoeg. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie … net ‘n sin of twee, jou naam en van watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!