Beskermvrou vir Afrikaans ontvang eredoktorsgraad

Dr. Michael le Cordeur, dr. Sandra Prinsloo en dr. Marlene le Roux tydens die gradeplegtigheid van die Universiteit Stellenbosch. Tydens die geleentheid ontvang Sandra Prinsloo haar eredoktorsgraad.

Sandra Prinsloo het op 22 Maart 2018 ‘n eredoktorsgraad in Filosofie van die Universiteit Stellenbosch ontvang vir haar lewenslange bydrae tot en impak op plaaslike kuns en kultuur. Sy word beskou as ‘n ikoon in die Suid-Afrikaanse teater, film- en televisiebedryf en haar bydrae tot ons kulturele erfenis is legendaries. Sy is bekend as kulturele aktivis en gebruik haar talent en vernuf om waarde toe te voeg tot die lewens van kwesbare gemeenskappe in ons samelewing.

Sandra is ‘n beskermvrou vir Afrikaans.com. Sy is waarlik ‘n lewende legende en is bekend vir haar rol in verskeie produksies, TV- en filmrolle en as regisseur van meer as 20 teaterproduksies. Haar talent is ook internasionaal erken en sy het verskeie toekennings ontvang – onder andere van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en die Wes-Kaapse regering.

Hierdie gradeplegtigheid was ‘n geskiedkundige geleentheid aangesien dit ook saamval met die Universiteit Stellenbosch se Eeufeesviering.

Sandra Prinsloo se bydrae en nalatenskap is ongeëwenaar. Lees meer …