Afrikaans.com het met die publiek hande geneem om woorde te vind vir al die vreemde dinge wat ons skielik beleef. Koeshoes, ramafobie, moedgoed en boudgoud is enkele van die inskrywings wat vir ons #tuisinjoutaal-kompetisie ontvang is … Hoe lyk die Cov-woordeboek in sy geheel? Laai die PDF gratis af en vind uit!
WEN JOU DEEL VAN R10 000 MET AFRIKAANS.COM, HUISGENOOT EN ONS COVID-19-WOORDEBOEK TUSSEN NOU EN 9 SEPTEMBER 2020!
1. Laai die Covid-19-woordeboek hieronder gratis af.
2. Gebruik minstens 10 van die nuutskeppings uit die woordeboek om ‘n gedig, versie, opstel, lied of moppie (spotliedjie) te skryf.
3. Stuur jou inskrywing in – klik hier vir die inskrywingsvorm.

Vir bepalings en voorwaardes vir kompetisie 2 – Nuutskeppings, klik hier.
Die outeursreg van hierdie boek word kragtens die Wet op Outeursreg 98 van 1978 voorbehou. Geen gedeelte van hierdie werk mag in enige vorm of op enige wyse sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer weergegee of gebruik word nie. Enige ongemagtigde gebruik of aanwending van hierdie werk sal ’n inbreukmaking op die outeursreg daarstel.
©Afrikaans.com 2020
Goeie naand.
Hier is nog ‘n poging vir ‘n Afrikaanse woord vir social distancing:
saamskeiding
Groete.
Hannes